April Brief
April Brief Liewe Leser, Hoe gaan dit daar met u? Ek hoop dat u die vreugde en die vrede van Die Here ervaar, asook dat Sy krag u elke dag veilig deur dra. Ja, die somer was glad nie maklik nie: dis nie net die wêreld wat brand nie. Nee. Die son het ook ernstig en kwaai hier in Maart maand gebrand. Ten spyte van alles, is ons nog hier, en daar is seker tog 'n goeie rede daarvoor. Ek kan net weer Jesus se opdrag in hierdie laaste dae onthou... Hier onder sal ek 'n paar fotos van ons tydjie in Citrusdal plaas. Dit was wonderlik. :) Ek sal ook 'n paar gedigte plaas. Tot volgende maand, as Die Here so wil. Met liefde en gebede, Alison. xxx Verlange Verlang jy na iets mooi's, iets teer, wyl gister liedjie oor jou streel? Die mense skarrel hier en daar, en met AI, wie weet wat's waar? Wreed oorlog dreun op elke foon, en Google weet nèt waar jy woon... Pes, en ramp, geld wat verdwyn, en orals mense kreun van pyn. Verlang jy na iets mooi's, iets teer, wyl gister liedj...









