Reis Na Die Einde: 'n Gratis Vervolg Verhaal.Hoofstuk Vier
Reis Na Die Einde: 'n Gratis Vervolg Verhaal.
Hoofstuk Vier
Die volgende oggend, kyk Miandré op van die boek oor kook-kuns wat sy lees. Die trein het by Lakeside stasie gestop, en sy sien Wian by die trein deure instap.
"Mag ek hier sit?" Hy beduie na die oop sitplek langs haar.
Sy knik, en besef hoe goed dit is om hom weer te sien: sy wil graag meer hoor van sy soeke vir God en betekenis in die lewe.
"Goeie boek?"
"Ja, as jy van kook en bak hou." Sy lag so bietjie, "
"En dit doen jy, siende dat jy 'n chef wil wees. Vir my part, kan ek 'n lekker eier bak, en selfs 'n omelet as ek 'fancy' wil wees." Hy loer na die oop bladsy van haar boek, "
'barbecue' sous. Dit klink lekker. Miskien kan jy my leer hoe om dit te maak."
Miandré se niks vir 'n oomblik. Ek wil graag ja sê, maar ek wil hom nie die verkeerde indruk gee. "Miskien."
Wian maak skielik sy rugsak oop. "Hier's die boek wat ek lees."
Hy verbaas haar deur 'n klein Bybel uit te haal. "Ek het Genesis gelees, maar ek sukkel so bietjie."
"Dalk moet jy in die Nuwe Testament begin. Dan gaan terug na die Ou Testament as jy klaar is." Sy maak haar boek toe. "Mag ek jou wys?"
Hy knik vinnig. Miandré neem die sagteband Bybel van hom. Sy vind die plek vinnig. "Hierso. En jy kan selfs met die Boek van Johannes begin, as jy gretig is om meer van Jesus as God te leer." Miandré sien 'n boekmerkie voor in die boek. Dit lyk asof Wian heel ernstig is in sy soektog. Sy hoor die Here vir haar fluister.
Ja, Here, ek sal ernstig vir hom bid.
***
Toe dit tyd vir middagete is, gaan Wian na 'n naby geleë koffiewinkel. Dis klein en besig, maar hy vind 'n klein tafeltjie in 'n hoek. Perfek. Hy bestel 'n koffie en 'n gebraaide toebroodjie, en maak weer sy Bybel oop. Die Boek Johannes antwoord onmiddelik een van sy vrae: Jesus was nie net 'n man nie: Die Bybel sê dat Hy daar in die begin van alles was, en dat Hy is God.
***
***
Kopiereg: Alison Lawrence



Opmerkings
Plaas 'n opmerking