VBS: EG Kerk Weskus Gemeente 2025

 

Die tema vir hierdie jaar, was "Die Bybel in Kleur." (Gebaseer op die woordelose boekie)


VBS: EG Kerk Weskus Gemeente 2025


Ds Herman Van Zyl het die Woord aan die kinders bedien.


VBS 2025, 'n Gedig


Die kinders het gekom,

รฒf klein, รฒf stout, รฒf soet,

en Dominee het hul genooi

om Here Jesus te ontmoet.



Hul het geskree, hul het gedans,

baljaar en rondgespring!

En alles lekker was gegee,

maar het die boodskap deurgedring?



Deur my gedagtes dans hul weer,

hetsy die tyd verby;

gesiggies blom nou in my hart,

en ek moet biddend bly.


***

A.S.L

***




Die daaglikse handwerk projekte het die tema beklemtoon.


Heerlike kos is elke dag voorsien.


Johannes 3:16


Die helpers het die projekte ook geniet.


Op dag twee het die boodskap oor die sonde gegaan. (Swart.)


Die kinders het self die reรซls gemaak.


Ouderling Piet de Bruin het die balonne gereed gekry vir die lawaaierige vasvra.๐Ÿค 


Die program. (Verskoon die slegte lig. Die eerste is Registrasie en aantree, en die tweede, samesang.)


Die liefde van God is wonderbaar.❤️


Sap en broodjies is met teetyd beskikbaar.




Die dogters het die vasvra gewen.


'n Stiller oomblik by die seuns.๐Ÿ˜Š



Rooi vir Jesus' bloed.


***


Dankie vir die inloer๐Ÿค๐Ÿ•Š️๐Ÿ™

Liefde en gebede,

Alison.

Opmerkings

Gewilde plasings