Reis Na Die Einde: 'n Gratis Vervolg Verhaal. Hoofstuk Drie

 



Reis Na Die Einde: Hoofstuk Drie



Miandré kyk op van die resep wat sy noukeurig deurlees op haar foon. 
Cute. Dink sy, terwyl haar oë dié van die ou oorkant haar ontmoet. Oë Soos die neute wat ons tydens Kersfees koop, merk sy vlytig, voordat sy vinnig haar oë weer laat sak.

Soos tevore, los sy 'n paar traktaatjies op die trein, maar hierdie keer, roep iemand vir haar toe sy oor die platform weg loop. "Ekskuus, ekskuus!"
Wat nou? Is ek in die moeilikheid? Liewe Here..."
Miandré draai stadig om. Dis die aantreklike ou van die trein.
"Ja?"
"Hi." Sy glimlag lyk vriendelik. Eerlik. "Kan ek gou met jou praat? Dis oor die traktaatjie."
"Oo." Miandré voel weer bang. "Het ek iets verkeerds gedoen?"
Die jong man skud vinnig sy kop. "Nee. Nee, glad nie. Dis goed dat jy dit daar gelos het. Kan ek met jou praat? Ek het dit gelees."


***

"Gelees? Dis wonderlik!" Sy dink vinnig. "Waarnatoe stap jy? Miskien kan ons praat terwyl ons stap. Andersins gaan ek laat wees."
Hy verduidelik waar hy werk. "Ek kan vir 'n ent saam stap." Toe onthou hy sy maniere. "Wian. Wian Duval." Wian steek gou sy hand uit. 
"Ek is Miandré Groenewald." Sê sy, bietjie skaam, toe hulle weer aan die beweeg kom. "Hoe kan ek help?


***

Wian sukkel om op sy werk te konsentreer. Dit gaan nie net oor die feit dat hy so pas met 'n beeldskone meisie gestap en gepraat het nie; Dis wat sy gedeel het wat sy aandag steel. Miandré het so beleefd gevra of sy haar getuienis met hom kon deel: hoe sy in die verlede gedrink, en "geparty" het. Selfs dwelms probeer. Totdat, soos sy dit gestel het, Die Here haar tot 'n stilstand gebring het. Dis toe dat sy begin het om die dood ernstig te vrees: En die antwoorde in haar Bybel gevind.


***


"Perfek," Gia proe 'n titseltjie van haar Hollandaise sous. "Net die regte hoeveelheid suurlemoen, en so romerig. Geen klonte vir my vandag." Sy loer vinnig in Miandré se pot. "En joune?"
"Ek dink dis ok."
"Net ok? Jy moenie die "plot" verloor nie, Miandré. Jou souse is sover die beste in die klas." Sy bestudeer haar vriendin se gesig, "seker 'n redder op 'n wit perd wie jou gedagtes steel."
"As jy van Jesus praat, dan ja. Ek het net gedink oor hoe Hy my gered het." Sy glimlag saggies. "En as ek eerlik gaan wees, ja, ek het 'n oulike kêrel vanoggend ontmoet."
"Jy het wat?!"
Maar Miandré sit haar vinger op haar lippe, en beduie met haar oë na die chef waar hy besig is om 'n ander student se sous te proe. "Shh. Ek moet my sous klaar maak."


***



***

Kopiereg: Alison Lawrence


***

Opmerkings

Gewilde plasings