Oor my/Skakels







Welkom! Ek is Alison Lawrence. Ek is eerstens 'n volgeling van Jesus. Ek is ook 'n eggenoot en 'n  ma van ses: drie seuns en drie dogters. Ons woon op die Weskus, Suid Afrika. My liefdevolle kerk-familie is die EG Kerk, Weskus Gemeente. Soos julle seker al weet, is ek Engels. Ek vra verkoning vir enige spel- of gramatiese foute. Laat my gerus weet as jy foute vind.

Ek hou daarvan om te skryf, en om te teken. Met God se hulp, hoop ek om ander mense hoop en bemoediging te gee deur my gedigte, gedagtes en stories. Dis hoekom ek myself 'n potlood in Sy hand noem: ek wil 'n instrument van bemoediging wees; gelei deur God. Ek wil nie my eie opinies en gedagtes skryf nie, maar liewer, ek wil geinspireer wees deur die Gees. 'n potlood is 'n eenvoudige instrument. As dit 'n fout maak, kan dit uitgevee word. Nie soos God se Woord nie. God se Woord is vas en altyd waar. Nietemin, 'n potlood kan nog 'n merkie maak: solank dit in lyn met God se Woord is.


Ek het dit goedgedink om 'n klein plekkie te maak net vir Afrikaanse gedagtes, gedigte of stories. My Engelse webjoernaal is genaamd, "Pencil in His Hand." Ek het ook 'n verskeidenheid boeke geskryf, insluitend 'n klein versameling van Afrikaanse kort stories en gedigte. Twee verdere gratis bundeltjies stories en gedigte is op hierdie webjoernaal beskikbaar. Die skakels vir Amazon, "Pencil in His Hand," en sosiale media skakels kan hier onder gevind word.


Baie dankie vir die inloer,


Alison Lawrence❤️🙏


potlood in Sy Hand


Skakels


Webwerf (pencil in His Hand)


Getuienis


E-pos adres: alison.westcoast@gmail.com 


Gratis pdf kompilasie op hierdie bladsy:
Skakel 












***







foto: Carol Lee. Unsplash





Opmerkings

Gewilde plasings