Besig
Besig Liewe Leser, Hier is ek weer, om hallo te sê, en om hopelik 'n bietjie tyd saam met jou te spandeer. In hierdie malle, moderne lewe, is daar so 'n gehaas en 'n geskarrel: besig, besig, besig. Dis ons "mantra," is dit nie? Maar hierdie besig ding het so gemaak dat ons amper nooit tyd het om 'n pot koffie of tee te maak en net te sit om na iemand se storie te luister nie. En, nog erger, dit het gemaak dat ons bitter min tyd saam met Die Here spandeer. Dis tragies. Maar ook tragies is wat hierdie besig wees behels: nuttelose ure gespandeer op sosiale media, rekenaar, sowel as eindelose foon speletjies, en betekenlose Whatsapp boodskappies. Nou moet ons vra, is ons rêrig so besig? Of net verslaaf? Natuurlik, ons kan ook te besig met werk of ander gesonde dinge soos tuin maak of brei wees. Die harde waarheid is egter, dat as dit meer belangrik vir my is as God, is dit 'n afgod. Ons is almal daaraan skuldig. Ons moet ons sonde bely en na die goeie ou ...









