Gedagtes Van 'n Geredde: Ewige Hoop En Vreugde
Gedagtes Van 'n Geredde: Ewige Hoop En Vreugde
Liewe Leser,
Ek wens u toe 'n mooi, en geseënde September. Mag Die Here Sy gesig op u laat skyn.
Maar ek wens die meeste dat elke leser sy of haar hart en hele lewe vir Jesus sal gee: Sy geskenk van vergifnis en genade sal aanvaar. Want dis net as ons weergebore is dat ons ware vreugde kan ervaar.
Jesus se kruis dood is die enigste brug na die Vader. Vertrou op Sy bloed om u te reinig en red.
Dan kan u vrylik die vreugde en hoop wat Jesus bied ervaar.
Selfs kinders van die Here moet herinner word dat hierdie seëninge elke moment beskikbaar is. Ons hét Hoop. En ons hét vreugde. Ons kan hulle vrylik kry as ons elke dag in Die Gees wandel.
Moeilike, hartseer, en harde tye gaan kom, maar Die Seun Van God skyn altyd in ons harte.
Laat dat die pragtige blom hier bo u herinner aan Jesus se wonderlike geskenk van liefde aan u.
***
JOHANNES 3:1-21 AFR53
[1] EN daar was 'n man uit die Fariseërs met die naam van Nikodémus, 'n owerste van die Jode. [2] Hy het in die nag na Jesus gekom en vir Hom gesê: Rabbi, ons weet dat U 'n leraar is wat van God gekom het, want niemand kan hierdie tekens doen wat U doen as God nie met hom is nie. [3] Jesus antwoord en sê vir hom: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie weer gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie. [4] Nikodémus sê vir Hom: Hoe kan 'n mens as hy oud is, gebore word? Hy kan tog nie 'n tweede keer in die skoot van sy moeder ingaan en gebore word nie? [5] Jesus antwoord: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie gebore word uit water en Gees nie, kan hy in die koninkryk van God nie ingaan nie. [6] Wat uit die vlees gebore is, is vlees; en wat uit die Gees gebore is, is gees. [7] Moenie jou verwonder dat Ek vir jou gesê het, julle moet weer gebore word nie. [8] Die wind waai waar hy wil, en jy hoor sy geluid, maar jy weet nie vanwaar hy kom en waarheen hy gaan nie. So is elkeen wat uit die Gees gebore is. [9] Nikodémus antwoord en sê vir Hom: Hoe kan hierdie dinge gebeur? [10] Jesus antwoord en sê vir hom: Jy is die leraar van Israel en jy weet hierdie dinge nie? [11] Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, ons spreek wat ons weet en ons getuig van wat ons gesien het, en julle neem ons getuienis nie aan nie. [12] As Ek julle van die aardse dinge vertel en julle nie glo nie, hoe sal julle glo as Ek julle van die hemelse vertel? [13] En niemand het opgevaar in die hemel nie, behalwe Hy wat uit die hemel neergedaal het, naamlik die Seun van die mens wat in die hemel is. [14] En soos Moses die slang in die woestyn verhoog het, so moet die Seun van die mens verhoog word, [15] sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê. [16] Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê. [17] Want God het sy Seun in die wêreld gestuur nie om die wêreld te veroordeel nie, maar dat die wêreld deur Hom gered kan word. [18] Hy wat in Hom glo, word nie veroordeel nie; maar hy wat nie glo nie, is alreeds veroordeel omdat hy nie geglo het in die Naam van die eniggebore Seun van God nie. [19] En dit is die oordeel: dat die lig in die wêreld gekom het, en die mense het die duisternis liewer gehad as die lig; want hulle werke was boos. [20] Want elkeen wat kwaad doen, haat die lig en kom nie na die lig nie, dat sy werke nie bestraf mag word nie. [21] Maar hy wat die waarheid doen, kom na die lig, sodat sy werke openbaar kan word, dat hulle in God gedoen is.
https://bible.com/bible/5/jhn.3.1-21.AFR53
***
Vreugdevolle Voëltjies En Blomme
Baie dankie vir die kuier. Sien weer in Oktober, as Die Here so wil.
Vir meer leestof: pencil in His Hand








Opmerkings
Plaas 'n opmerking