Anja Se Plekkie. Inleiding. Ontmoet Anja. 'n Gratis Vervolg Verhaal

 



Inleiding

Ontmoet Vir Anja


Die ou winkeltjie sit nêtjies in die middel van die dorp. Dit lyk amper soos 'n storie boek huisie, met sy skoorsteen en stoep. Maar nietemin, dis 'n ware outydse kafee, die soort wat koerante, coke, en Wilson's toffees verkoop. Asook toilet papier, blikkies kos, sjampoe, en enige ding wat jy dalk vergeet het om by die groot supermark in die stad te koop. Anja is trots op haar ou winkeltjie. Sy het dit van haar ouers geërf, en sy probeer om dit te hou net soos dit was in haar kinderdae. Een van die min veranderings, is die naam. Nou hang dit trots bo die deur: Anja Se Plekkie. Die mure is pienk geverf, en bont gekleurde malvas versier die kaffee se stoep. Die verf en die malvas is so vriendelik soos die eienares van die kaffee. Almal geniet dit om in te loer by Anja Se Plekkie. En Anja geniet dit vreeslik om hulle te ontvang.


***


Jy wonder seker oor hierdie Anja van wie ek praat. Jy ken haar seker nie. Sy woon in 'n piepklein dorpie genaamd Hansie's Heuwel. Hoekom is dit so genoemd? Dis 'n storie vir 'n ander tyd. Terug na Anja. Anja Fourie was hier gebore, sowat drie en dertig jaar terug, die tweede van twee sussies. Estie het lank gelede stad toe verhuis. Nou woon hul ouers daar ook. Estie het hulle kleinkinders gegee, maar nie Anja nie. Sy was nooit getroud. Instede van 'n man en kinders, het Anja die winkeltjie gekry. Sommige mense sê dat Anja nie so mooi soos Estie is nie, en dis hoekom sy nie 'n man kon kry nie. Hulle is seker blind. Anja is een van die mooiste mense hier rond. Ek dink jy sal saamstem as jy haar leer ken. Kom ek vertel jou iets oor Anja. Sy is een van daai mense wie straal. En dit kom van binne. Kom sit hier op die stoep vir 'n rukkie. Ek gaan vir jou vertel waarom sy 'n sonskyn mens is.


***


Soos baie van ons, het Anja in 'n gewone huis groot geword. 'n Huis waar kerk bywoning belangrik was, en waar die pa vanuit die Bybel gelees het, en selfs by die tafel gebid het. Ja, Anja het van God geken, net soos haar ouers. Hulle was goeie mense; sout van die aarde, soos hulle sê. So, ja, daar was Sondag Skool, kerk, bidure ensovoorts vir die Fourie familie. Anja se pa, Mattys, het selfs nie toegelaat dat sy dogters na die populêre sokkies gaan. Maar soos jy seker weet, liewe leser, sulke dinge is goed, maar hulle is nie genoeg nie. Werke en soet wees kan nie 'n mens red nie. Ons almal het 'n persoonlike verhouding met die Here nodig. Ai, jammer, nou preek ek weer. Ek weet nie presies wat gebeur het nie, maar alles het verander toe Anja sowat sestien jaar oud was. Mattys het sy familie na 'n AEB kamp gevat. En prys die Here, die man was daar gered. Dit het nie lank gevat nie voordat die hele familie hulle harte vir die Here gegee het. Eers, Helouise, Anja se ma, en kort daarna, die twee dogters. Na sy redding, het Mattys by die AEB betrokke geraak, en die familie het 'n klomp kampe en uitreike bygewoon. Dis ook by 'n kamp waar Anja haar hart en hele lewe vir die Here gegee het; waar sy begin het om 'n sonskyn mens te wees.


***


Liewe leser,

Ek is so bly dat jy kom kuier het. :)

Hier is iets nuut op die webjoernaal: 'n soet storietjie met 'n boodskap. Dit sal 'n vervolg verhaal wees, so loer asseblief weer in om verder te lees en sodoende kan jy meer uitvind oor Anja. Sy gaan self aan die woord wees in Hoofstuk Een.

Deel gerus die storie met iemand wie dit dalk sal geniet.

Wees saam trots op ons Afrikaans, en laat weet as jy enige foute vind, of dalk het jy 'n beter manier om iets te stel. (Onthou, ek is Engels, so soms sukkel ek. :) )

Baie dankie,

En mooiste, geseënde week,

Alison.


Kopiereg: Alison Lawrence




Opmerkings

Gewilde plasings