Anja Se Plekkie. Hoofstuk Een. 'n Gratis Vervolg Verhaal.

 



Anja Se Plekkie

Hoofstuk Een


"Goeie mΓ΄re, Oom Thys. Dis 'n perfekte dag, is dit nie?" Anja glimlag vir die ou man wie stadig die kafee binnekom.

"Ek stem saam, Anja. As ek jonger was, sou ek tot bo aan Hansie se heuwel geklim het." Hy lag so bietjie terwyl hy op sy kierie leun. "Toe ons jonk was, was dit een van ons gunsteling uitstappies. As ons weer afgeklim het, het ons piekniek by die dam gehou en geswem." Oom Thys word stil vir 'n rukkie, en dit lyk asof hy vΓͺr in sy gedagtes heuwel toe gestap het. "En Ina was altyd saam. My Ina, ja. Dit was goeie dae."

Anja glimlag saggies, en haar hart pyn saam met die oompie s'n. Tannie Ina is twee jaar gelede oorlede. "Oom Thys, vertel my weer die storie van Hansie se heuwel. Ek wil dit graag weer hoor. Ons kan op die stoep sit as jy wil. Dis stil vanoggend."

"Met graagte, Anja. Ja, dis gaaf van jou. Hierdie ou bene pyn so bietjie."

Oom Thys sit stadig op die blou bank, en kreun 'n bietjie terwyl hy dit doen, maar sy oΓ« blink. "Ja, dis 'n goeie ou storie daai. Seker een van die beste van die dorp se stories."

Anja sien met verwagting uit na die vertelling. Sy is ook bly dat die winkel stil is. Dis Maandag oggend. Die kinders is by die skool, die papas werk op hul plase, en die mamas is besig by die huis. Alles is soos dit behoort te wees. Selfs sy, hier waar sy sit op die kaffee se stoep in haar geblomde voorskoot, is waar sy hoort. Hier waar sy mense kan bemoedig, en tyd kan spandeer met mense soos Oom Thys.

"Nou, toe ja, Hansie De Vries was die jong Dominee van die area. Die dorp was glad nie hier nie. Dit was lank gelede, in 1900, dink ek. Net die plase was hier. Die mense moes met hul waens na kerk toe gaan in Deonsville. Toe, was Hansie se Heuwel net 'n middlematige, doodgewone heuwel."

"En Dominee De Vries het dit bekend gemaak, nΓͺ?"

Oom Thys se oΓ« sprankel. "O, ja hy het verseker. Sy en sy beminde."

Anja sug gelukkig. "Dis waarlik 'n romantiese storie."

"Ina het ook so gesΓͺ. Julle meisies is almal dieselfde." Terg hy.

"So, ja, Dominee was baie lief vir stap. Hy het gereeld gaan wandel nadat hy huisbesoek by een van die plase moes doen. Op een van sy stappies, nadat hy by die Kruywagen gesin gekuier het, het hy 'n ent naby hul plaas gestap. Dis toe dat hy die heuwel en die naby geleΓ« dam gevind het."

Anja onderbreek Oom Thys. "En Meneer Kruywagen boer nog op dieselfde plaas, nΓͺ?"

"Dis reg, sus. Dieselfde plaas waar Dominee De Vries gekuier het so lank gelede."

"Dominee De Vries het nie net gestap nie. O nee, hy was 'n ware man van God. Hulle sΓͺ hy het heeltyd gebid vir die omgewing en die mense terwyl hy gestap het. Daai dag, toe hy die heuwel gevind het, het hy tot bo op die heuwel geklim. Van daar, kon hy die hele uitgestrekte omgewing sien. Toe sak hy op sy knieΓ«, net daar, en begin om te bid. Hy het vir die siele van mense gebid, sowel dat daar eendag 'n kerk hier gebou sou word."

"Sy gebede was beantwoord." Anja sΓͺ saggies.

"Ja, hulle was. Hulle sΓͺ dat die heuwel gou Dominee se gebedskamer geword het, en dat hy selfs daar gekamp het van tyd tot tyd. Altyd in die gebed. Sy hart vol liefde vir sy skape. En nou kom die romantiese deel. Dit het later uitgekom dat die Dominee ook so bietjie vir homself gebid het. Vir 'n Godvresende vrou om hom by te staan in die bediening. Hy was jonk ook, en 'n bietjie eensaam. Hy was Γ³Γ³k 'n man. Nie net 'n Dominee nie. Mens kan dit verstaan."

"Verseker, Oom." Anja kyk na die straat, en sien dat Tannie Isabeau hastig na die kaffee loop. "Wag net daar, Oom Thys, ek gaan nou nou terug wees." Anja staan op en hulle groet altwee vir Tannie Isabeau.

 "Dis 'n mooi dag om 'n bietjie op die stoep te kuier, nΓͺ?" SΓͺ sy. "Ongelukkig, is dit vandag nie my voorland nie. My wasgoed lyk soos ons heuwel, en ek moet nog brood bak." Die energieke krulkop dame stap binne al pratend. "Ek soek net 'n paar pakkies gis Anja. Jy het nog oor, nΓͺ?"

"Verseker Tannie. Hier's hulle." Anja beduie na die rak waar die meel en bak benoedighede te vinde is.

"Jy's 'n stΓͺr. Groot dankie." Tannie Isabeau betaal en trippel af straat toe met 'n vrolike groet. "Totsiens, julle. Lekker daggie."

Anja gaan sit weer op die bank. "So die Dominee het vir 'n vrou gebid."

Oom Thys glimlag. "Ja. Waarskynlik vir 'n hele paar maande. Totdat sy gebede beantwoord was. Jy sien, die hele tyd dat hy daar by die Kruywagen familie gekuier het, het hy almal in die gesin leer ken. Een van die dogters, haar naam was Andrietta, is dit nie 'n mooi naam nie? Wel, sy het dol verlief geraak op die Dominee. Haar hare was pikswart en haar oΓ« so blou soos 'n somer lug. Sy het geweet dat Dominee lief was om die heuwel te klim, en om daar te oornag. Maar eendag het sy bekommerd geword. Sy't gesien hoe Dominee daarbo opklim, maar na vyf dae het hy nog nie afgeklim nie. Sy kon net een ding doen. Sy't geweet dat dit nie vanpas was om agter aan 'n man te loop nie, maar sy was dol verlief, en o, so bekommerd dat hy iets oorgekom het. So, sy het kos en water in 'n rugsak gepak en die paadjie gevat heuwel toe. Sy't geklim tot heel bo, vasverade om hom te help."

Anja leun bietjie voorentoe en bemoedig Oom Thys om aan te gaan. "En toe? Wat het gebeur? Was hy kwaad vir haar? Of geskok?"

Oom Thys lag. "Jy's gretig nΓͺ. Miskien was hy bietjie geskok, maar toe sy verduidelik hoe bekommerd sy was, het die Dominee se oΓ« begin om oop te gaan. Andrietta het waarskynlik daar bo op die heuwel gestaan, met haar dik swart hare wat bietjie loskom van haar bolla, en die kos wat sy vir hom gemaak het. En toe, sien die Dominee dat haar groot blou oΓ« vol liefde en omgee gevul is. Liefde en omgee vir hom. Toe het die ligte aangegaan, dink ek. Hulle het saam geeΓ«t daai dag, en na die tyd, plaas toe saamgewandel. Hulle sΓͺ dat na dÑÑi dag, het Dominee en Andrietta gereeld saamgestap. Nie te lank daarna het hulle voor die kansel gestaan."

"Ai, dis ongelooflik mooi." Sug Anja. "So romanties. En toe, het die heuwel en die dorp hulle name dan gekry?"

Oom Thys skud sy kop. "Nie onmiddelik nie. Dit was later, toe iemand 'n boek wou skryf oor die omgewing, dink ek. Toe, het 'n ou dagboek te vinde gekom. Ja, toe het die heuwel en sodoende, die dorp hulle name gekry.

"So, so mooi. Sjoe, Oom Thys, ek het amper vergeet dat Oom iets wou koop. Miskien wil Oom ook 'n koffietjie saam met my drink."

"Dis gaaf, Anja, maar ek wil nie soveel van jou tyd neem nie. Ek soek net brood en melk."

"Nee, Oom, jy vat glad nie my tyd nie. Ek sal gou vir Oom koffie maak. Dis mos betaling vir die storie. Ek het dit sommer baie geniet."

"Dis reg so." Oom Thys glimlag breed. Anja gaan binne om die ketel aan te sit, en Oom Thys dank die Here vir die dierbare kind wat Hy in die midde van hul dorp geplaas het.


***


Volgende week, DW, Hoofstuk twee. 

Deel gerus die storie en webjoernaal met familie en vriende.

Wees saam trots op ons Afrikaans, en laat ook weet as jy enige foute vind, of dalk het jy 'n beter manier om iets te stel. (Onthou, ek is Engels, so soms sukkel ek. :) )


Baie dankie,

Alison.

Liefde en gebede.


Anja Se Plekkie. Inleiding:


Skakel


Hoofstuk Twee

Kopiereg: Alison Lawrence

Opmerkings

Gewilde plasings