Anja Se Plekkie. Hoofstuk Twee. 'n Gratis Vervolg Verhaal

 




Anja Se Plekkie

Hoofstuk Twee


Die volgende dag, staan Anja vroeg op om die wasmasjien te laai. Die outydse avokadopeer badkamer lyk presies dieselfde as toe hulle almal saam as familie in die huis gewoon het. Maar Anja gee nie om nie. Sy is lief vir alles oud en karakter vol. Buitendien, die huis is vol mooi herinneringe uit haar kinderdae. Sy maak haar bruin-blond hare vas in 'n poniestert en glimlag vir haarself in die spieël: 'n expressiewe gesig staar terug na haar. Sy sien 'n mond wat 'n bietjie te groot is, 'n lank neus, en twee doodgewone bruin oë.  Anja is bewus van die feit dat sy dalk nooit sal trou nie. Sy het dit 'n saak vir gebed gemaak, maar sy voel nogal tevrede met haar lewe. Dalk is trou nie deel van God se plan vir haar.


***


Toe sy by die winkel aankom, wag Abel Brand reeds vir haar. Sy ken die plaaswerker goed, en sy reken dat Abel en sy vrou Netta, twee van haar gunstelling mense is.

"Môre Abel, jy's vroeg vanoggend. Ek het gedink ék gaan 'n voorsprong op almal hê."

Abel lag. "Jy ís vroeg, Mej. Anja. Dis net dat ek gou vir Netta wil uithelp. Haar voete pyn vreeslik, so ek het winkel toe vir die brood geloop."

"Ai, arme Netta. Sê vir haar ek gaan by haar inloer." Anja sit Abel se brood in 'n sakkie, saam met 'n paar blikkies om die familie uit te help.

Abel skud sy kop. "Ag, Mej. Anja, jy hoef nie dit te doen nie. Jy het reeds soveel gedoen."

Anja stoot die sakkie oor die toonbank. "Die Here wil hê dat jy dit vat, Abel. En baie liefde vir Netta né?"

Abel knik en glimlag breed. Hy stap straat af met 'n huppeltjie. Daai Mej Anja; sy is rerig spesiaal. Ek gaan bid dat God haar sal seën.


***


Anja se foon lui terwyl sy besig is om skyfies op die rak uit te pak. "Hallo Ma, dis lekker om Ma se stem te hoor."

"Ek verlang na my ander meisie kind. Wanneer kom jy weer stad toe?"

"Volgende maand, dink ek. Ek moet 'n klomp goedjies vir die winkel kry. Soos Ma weet, Deonsville het nie alles nie."

"Ek sien daarna uit, Anja. Maar jy moet versigtig ry, hoor?"

Sy lag. "Ja, Ma, ek sal. En wanneer kom julle by my kuier?"

"O, seker oor Keesfees, my kind. Jy weet hoe lief jou Pa is vir 'n kuiertjie."

"Sê vir hom ek sal later bel."

"Vertel my skat, is daar nie miskien iemand spesiaal in jou lewe?" Anja se ma giggel so bietjie. "Ek wil so graag meer kleinkinders hê."

Anja wil sug, maar sy keer haarself en giggel saam. Haar ma bedoel dit goed. "Nog nie, Ma. Dis 'n klein dorpie. Maar soos Ma weet, ek het mos baie vriende."

Heloise sug so bietjie. "Ja, jy het. Maar ek gaan aanhou bid dat jou prins sal binnekort aanry."

"Dankie Ma. Ek waardeer al Ma se gebede. Bid net vir God se wil vir my lewe. Dis al wat ek wil hê." 

Hulle praat 'n bietjie verder, totdat 'n klient wou betaal. Anja glimlag so bietjie vir haarself.  As Ma eers 'n idee in haar kop inkry, sal sy dit nie gou los nie.


***


Na haar ma se oproep, betrap Anja haarself dat sy deur die hubare mans in die omgewing gaan. Daar is nie veel nie. Sy kan hulle op een hand tel. Hulle is ook almal kliente, en sy ken hulle goed. Danté, wie ry rond in sy pa se bakkie asof die dorp 'n renbaan is: definitief te jonk. Dan is daar Gerhardus, wie 'n hele paar keer probeer het om haar te ooreed om met hom uit te gaan. Sy moes altyd heel vriendelik nee sê, want die kroeg is sy tweede tuiste. En dan is daar Nelius. Die arme man was verpletter toe sy vrou hom verlaat het. Hy's hardwerkend en 'n Christen, maar ook tien jaar ouer as sy. Die laaste man op haar lys, Luan, is enkel-lopend, en die selfde ouderdom as sy, maar hy is nie 'n Christen nie, en hou ook van die drank. Terwyl Anja haarself bersipe omdat sy so deur die mans in haar kop gaan, stop 'n bakkie voor die kaffee. Sy herken dit nie. Miskien is dit iemand van buite die omgewing. Sy neem haar plek agter die toonbank, gereed om die klient te verwelkom. 'n Lank, bruingebrande man stap binne.  Haar oë ontmoet die vreemdeling s'n en sy kan haar wye glimlag nie keer nie. Daar is iets so opreg en vriendelik omtrent die man se gesig. "Welkom. Hoe kan ek jou help?"

"Jy is seker Anja, nê? Oupa het gesê dat jy nou die eiernares is."

"Ja, dis reg. Mag ek vra, wie is jou oupa?"

Die man glimlag, en skud sy kop. Jammer, ek moes verduidelik het. My Oupa is Philippus Kruywagen, van Heuwelsig Plaas. Ek is Markus Kruywagen. Ek het onlangs hier verhuis om my Oupa te help." Hy steek sy hand uit, en Anja skud hande met hom. "Anja. Anja Fourie."

"Bly te kenne. Jy sal seker baie van my sien. Die plaas is net om die draai, so te sprake."

Hy kies 'n klomp kruideniersware van die rakke, sowel as 'n pak malva lekkers. "Ek braai hulle nog. Net soos toe ek 'n kind was." Hy lag en groet vriendelik voordat hy weer in sy bakkie klim.

Anja tel 'n boks op om weg te pak. En ons het net gister oor die Kruywagen plaas gepraat. Sjoe, die kleinseun is baie aantreklik. En gaaf.


***


Kopiereg: Alison Lawrence.

Baie dankie vir die kuier.


Anja Se Plekkie, Hoofstuk Een


Skakel


Hoofstuk Drie

Opmerkings

Gewilde plasings