Anja Se Plekkie. Hoofstuk Drie. 'n Gratis Vervolg Verhaal

 



Anja Se Plekkie

Hoofstuk Drie


Die volgende dag is Markus terug. "Ek het vergeet om Oupa se pepermente te koop." verduidelik hy met 'n sjarmante glimlag. "En dis een ding waarmee Oupa nie kan klaarkom nie."

Waarom bloos ek? Hy's net 'n klient. "Wel, ek het 'n verskuidenheid pepermente. Waarvan hou jou Oupa?"

"O," Markus lag. "Hy sal net 'Imperials' eet. Hy hou niks van die nuwe lekkers nie. En as dit by skyfies kom, dan moet dit gewone of asyn skyfies wees. Lekker ou-tyds."

"Ek is dieselfde. Ek hou net van die lekkers van my kinderdae. Ek hou niks van die nuwe suur lekkers waaroor die kinders so mal is." Markus is so vriendelik, dat sy vergeet amper dat hy baie aantreklik is. Voordat sy haar kom kry, het sy oor haar winkel en oor die dorp saam met hom gesels.

Markus kies 'n groot boks pepermente en 'n pakkie gewone skyfies."Ek moet onthou om vir jou te vra of ek enige inligting oor die omgewing nodig het. Ek het nie vir 'n lang ruk gekuier nie: besig met my studies."

"Gaan jy nou hier bly?" Waag Anja dit om te vra.

Hy knik. "Dis die plan, ja. Oupa wil binnekort aftree, en daar is niemand anders in die familie wie in die plaas belangstel nie. Terwyl ek 'n ware plaas japie is." Markus lag vir homself. "Daar is nêrens elders waar ek wil wees nie."

"Ek stem saam." Sê Anja saggies, dan bloos sy weer. Hoekom het sy dít gesê?

"Wel, ek beter waai. Oupa sal wonder wat van sy pepermente geword het, en daars 'n stukkende heining wat vir my wag." Markus is weg met 'n glimlag en 'n wuif. En Anja wens dat hulle langer kon gesels het.


***

'n Paar dae later, vat Anja 'n blaaskansie op haar stoep. Die winter sonnetjie is al te lekker, en sy voel soos 'n katjie wat sonbaai. Sy hoor die klank van 'n kierie op die straat en kyk op. Oom Thys is besig om sy gereelde oggend stappie te vat. "Hallo daar jong dame. Hoe gaan dit vanoggend?"

"Goed, dankie, Oom Thys. En met Oom?"

"Die Here is goed." Sê hy eenvoudig terwyl hy stadig die trappies opklim.

"Kom sit vir 'n rukkie, Oom. Dis lekker hier in die son."

"Dankie kind, ek sal myself bietjie ontdooi hier op jou stoep." Oom Thys sit dankbaar op die bank. 'n Bakkie stop net voor die winkel. "Lyk asof daai nuwe kêreltjie hier ook kom kuier." Hy knipoog vir Anja.

Markus is vinnig uit sy motor en op die stoep. "Dagsê, Oom. Anja. Dis 'n mooi dag nê?"

"Markus, dis Oom Thys." Anja beduie na die oompie, wie skielik stip na haar kyk. 

"Bly te kenne, Oom." Die twee mans skud hande. Markus neem vrymoedigheid en sit op die enigste ander sitplek, 'n ou kombuis stoel. 

Oom Thys leun bietjie vorentoe. "Ek hoor dat jy die Kruywagen kleinseun is." Sê hy reguit. 

Markus glimlag op sy vriendelike manier. "Dis reg, Oom. Oupa het hulp nodig, so hier's ek."

"Jy's seker baie besig daar op die plaas." Oom Thys lyk asof hy die nuweling so bietjie opsom.

"Ja, Oom, maar dis winter, so dis 'n bietjie stadiger. Kom lamtyd, dan sal ek moet wikkel."

"Vir seker, ja." Lag Oom Thys. Hy kyk eers na Anja en dan na Markus. "Jy ken seker die ou storie oor die heuwel naby jou oupa se plaas?"

"Ek het lank gelede so bietjie daarvan gehoor, Oom, maar ek ken nie die hele storie. Wat weet Oom daarvan?" Markus leun nou bietjie voor, en sy warm bruin oë sprankel.

Oom Thys maak homself gemaklik en en glimlag. Hy vertel die hele storie van die dominee: van sy spesiale gebedskamer, en hoe sy beminde, Andrietta tot bo op die heuwel geklim het.  Hy vertel hoe hulle getrou het, en hoe die heuwel en die dorp later die Dominee se naam bekry het.

Anja moes opstaan 'n paar keer om kliente te help, maar sy het geluister waar sy kon. Ek wonder wat Markus dink van die ou romantiese storie.

Toe Oom Thys klaar vertel het, sit die drie van hulle stil vir 'n oomblik. "Dis werklik 'n spesiale storie, Oom. Dankie dat Oom my vertel het." Markus bedank die ou man. "Ek het nie geweet van Andrietta nie. Dit klink asof sy geweet het wat sy wou hê." Die twee mans lag. "Sy was vasberade." Erken Oom Thys. "En 'n antwoord op die Dominee se gebede."

"Verseker, Oom. God antwoord ons gebede, klein óf groot." 

Oom Thys staan stadig op, en groet die twee jong mense. Hy knipoog weer vir Anja. "Sien julle weer. Ek moet seker aangaan met my stappie. Dit was goed om jou te leer ken, jong man." 

Anja en Markus wuif altwee vir hom. "Hy's 'n vriendelike oom." Markus glimlag. "En 'n goeie storie verteller."

"Hy is. Die storie van Hansie se Heuwel is my gunstelling."

Markus is stil vir 'n oomblik, asof hy iets oordink. "Ek is eintlik af vandag. Wil jy miskien saam met my die heuwel klim? Ek wil self die uitsig van daar bo sien, en ek het 'n gids nodig."

Anja voel op dieselfde tyd verras en gelukkig. "Maar, die winkel...."

"Ag, ek is nogal dom. Natuurlik kan jy nie sommer die winkel verlaat nie."

Anja dink vinnig. Sy weet nie wat met haar aangaan nie, maar sy wil doodeenvoudig meer tyd met Markus spandeer. "Ek sal gou vir Tannie Isabeau gaan vra of sy vandag my kan uithelp. Sy staan gereeld in vir my as ek van die winkel wil uitkom."


***

Dankie vir die saamkuier. Geniet jy die storie sovêr?

Baie liefde,

En mooiste Maandag,

Alison


Hier is die skakel vir Hoofstuk Twee:


Skakel


Hoofstuk Vier


Opmerkings

Gewilde plasings