Anja Se Plekkie. Hoofstuk Vier. 'n Gratis Vervolg Verhaal

 



Anja se Plekkie

Hoofstuk Vier


Dis duidelik dat Tannie Isabeau haar eie vervolgtrekkinge maak toe Anja 'n bietjie later in Markus se bakkie inklim. "Geniet dit, julle tweetjies. Vat julle tyd, ek is nie hastig nie."

Anja steur haar nie daar aan nie. Sy gaan nie uit met Markus nie, sy is bloot sy gids vir die dag. Buitendien, Markus sou nie belangstel in 'n gewone meisie soos ekke.


***


"Dankie dat jy saamgestem het om te kom." Markus lag. "Ek weet ek kan 'n bietjie impulsief wees. Dis beide 'n bate en 'n negatief."

"Dankie dat jy my genooi het." Stel Anja hom gerus. "Dis goed om bietjie uit te kom." Sy kyk uit die venster na die veld. "Dis so groen. Die Here het ons met reën hierdie winter geseën."

"Ja, die skape het goeie weiding. 'n Seëning uit God se hand." 

Anja knik, instemmend. "Dit klink asof jy die Here ken?"

Markus draai by die plaas pad in. "Sonder die Here se teenwoordigheid, sou ek nie wou leef nie. Hy's verseker my anker en my vriend. My verlosser."

Anja glimlag vir hom. Ek is glad nie verras nie. Sy vertel Markus spontaan van haar eie bekering. "Ek het gedink dat 'n mens moet net goed wees en 'n paar reëls volg om in die Hemel te kom. Daai dag by die jeug kamp, het ek uitgevind net hoe verkeerd ek eintlik was."

Markus parkeer die bakkie langsaan die groot, ou plaashuis. "Ek verstaan wat jy bedoel. Ek het ook grootgeword in Godvresende huis. Ons was altyd by die kerk, maar ek het nie bekeer nie. Ek het gedink ek was 'n goeie kind. Dan later, toe ek in die hoërskool was, het ek begin om met die verkeerde soort vriende uit te hang. Ek het die verkeerde pad begin loop. Genadeglik het die Here my gelei tot die regte een. Dit was by 'n reeks Evangeliese dienste waar ek my bekeer het."

"God is so goed." Anja eggo Oom Thys se woorde.

Markus se glimlag is breed. "Hy is. Kom, ontmoet vir my oupa. Ek gaan gou water en 'n paar peuselhappies kry."

Markus se oupa groet Anja vriendelik, en wens hulle 'n lekker stappie toe. "Maar as julle nie terug is teen vyf uur, dan gaan ek vir julle kom soek." Terg hy hulle. Oom Phillipus moes soos Markus gelyk het toe hy jonk was. En ek kan sien waar Markus sy sin vir humor kry.

Hulle stap deur 'n weiveld om die dam te bereik. Eers as hulle om die dam geloop het, wys Anja vir Markus die bekendste en maklikste paadjie te vat om die heuwel te klim.

"Dankie vir dit." Lag Markus. "Ek is bly daar's 'n maklike een."

"Ek was lank gelede hier, toe ek in die skool was. Ons het ook in die dam geswem. Eintlik, dit moes jou oupa gewees het wie ons genooi het."

"Dit klink soos iets wat hy sou gedoen het. Toe ek hier kom kuier het as kind, het ons altyd lekker in die dam geswem, maar ek het nooit tot bo aan die heuwel geklim nie."

"Dis die mooite werd." Anja verseker hom. "Die uitsig is ontsettend mooi."

Die paadjie word geleidelik meer steil terwyl dit rondom die heuwel draai. Elke nou en dan stop hulle om te rus en om water te drink. Anja bepeins die storie van die heuwel soos Oom Thys dit vertel het. In haar denke, sien sy vir die outydse paartjie, en hoe hulle die heuwel afklim nadat Andrietta die Dominee kom soek het.

"Daai Dominee moes baie fluks gewees het, nê?" Merk Markus. 

"En Andrietta ook." Glimlag Anja.

"Jy's fluks ook. Klim jy heuwels elke dag?" Terg Markus haar.

"Nee." Sy lag. "Ek tel bokse op elke dag vir oefening. Maar ek is lief daarvan om op die naweek te stap."

Markus maak 'n notajie in sy kop van wat Anja hom vertel. Dalk sal sy instem dat hy saam met haar van tyd tot tyd stap. Hy het lanklaas soveel pret gehad. Hy geniet Anja se geselskap terdeë. En iets meer: hierdie meisie se liefde vir Jesus, skyn in haar oë, en in haar woorde. Anja is 'n beeldskone vrou.


***


Die twee van hulle gesels so baie, dat voordat hulle hulle kom kry, bereik hulle die bopunt van die heuwel. Daar is 'n plat gedeeltetjie, en Anja wonder hardop of Dominee Hansie dalk daar gekamp het. "Miskien was dit díe sy gebedskamer."

"Ek skat so. Daar's genoeg spasie vir 'n klein tent." Markus gaan sit skielik. Hy't bewus geword van die gesig wat uitstrek voor sy oë. "Dis asemrowend. Ek het nie geweet nie. Geen wonder dat Dominee Hansie so gaande was oor díe plek."

"Ja." Daar is nie 'n behoefte om meer te sê nie. Anja voel amper asof sy op heilige grond staan. Op Hansie se Heuwel. Die einste plek waar so ontsettend baie gebid was. Sy ken nie vir Markus goed genoeg om te vra of hy wil bid nie, so sy buig haar kop en bid sommer stilletjies self. Soos die Dominee van so lank gelede, bid sy vir die mense van die omgewing. Dan waag sy dit om so bietjie vir haarself te bid. Soos gewoonlik, bid sy vir God se wil vir haar lewe. Wanneer sy haar oë oopmaak, sien sy dat haar nuwe vriend se oë ook toe is, en sy kop gebuig. Anja wonder vlytig waaroor Markus bid, en of hy ook eendag die vrou van sy drome sal trou.


***


Anja Se Plekkie, Hoofstuk Drie:


Skakel


Hoofstuk Vyf


Sien julle weer. :) (Daar sal elke dag 'n nuwe hoofstuk geplaas word hierdie week.)

God seën.



Opmerkings

Gewilde plasings