Reis Na Die Einde: 'n Gratis Vervolg Verhaal. Hoofstuk Twee
Reis Na Die Einde: 'n Gratis Vervolg Verhaal
Hoofstuk Twee
Toe Miandré uit die trein klim by Kaapstad Stasie, lê twee traktaatjies waar sy gesit het. Here, laat hulle in die regte hande kom. Bewaar hulle van die kwaad, en mag hulle tot seën wees.
"Mooi hoed, dametjie," die stem van 'n vrugte verkoopsman roep uit. Miandré glimlag vriendelik vir hom. Gee een vir Hom. Dis Die Here se stem.
"Dankie," sê sy vir die man, "het jy een van dié gekry?"
'n Bietjie verstom, neem hy die papiertjie. "Dankie. Ek sal dit lees."
Miandré bid vir die verkoopsman terwyl sy stap. Sy stop nie weer totdat sy by die deur van die kulinêre skool aankom nie.
"Jy moet vinnig jou ry-lisensie kry," Gia berispe haar waar hulle in die voorportaal ontmoet. "Jy's net betyds."
"Dit lyk nie asof jy so vroeg is nie jouself!" Terg Miandré.
"Die verkeer was woes," Gia sug terwyl sy in haar sak rondkrap vir haar voorskoot en bandana, "Wat maak ons vandag?"
"Een of ander sous dink ek. Gister was 'n roux, so ek dink dis béarnaise vandag."
"Hopelik sal myne sonder klonte wees. Ek het my dood geskaam gister toe Chef Markus myne proe."
"Jy sal dit vinnig regkry," Miandré bemoedig vir Gia, "Jy moet net deeglik klits."
"Kom julle twee jong dames! Ons gaan sonder julle geselskap moet begin!" Die chef klink gestres. Miandré en Gia stap vinnig binne die kombuis in.
***
Intussen, arriveer 'n jong man, by die druk-maatskappy waar hy werk. Die klein papiertjie wat hy in die trein opgetel het, is nog in sy hand. Nie deur ons gedruk nie. Ek sal dit later lees. Oulike meisie wie dit daar gelos het. Ek wonder of sy elke dag in die trein ry.
"Hey, Wian, meet me at the pub after work?" Die jong man met sy donker krul hare en neut bruin oë, kyk op. "Maybe another time, Donovan."
"A girl, is it?" Donovan stamp vir Wian asof hulle op die skool terrein was. "I knew it as soon as you walked through the door."
"Miskien. Maybe. I'll let you know." Wian wuif vir Donovan en stap vinnig na die kantoor wat hy met 'n paar ander werkers deel.
Die kalender waarop hy nou vir 'n rukkie al werk, is bedoel vir die Christen mark. Saam met elke beeldskone foto, moet 'n Bybel-vers kom, en dit was hierdie verse wat vir Wian aan die dink laat kom het. En die drang om 'n bier saam met Donovan te drink, skielik weggeneem het.
***
Volgende week: Hoofstuk Drie!
Hier is Hoofstuk Een, as jy dit nog nie gelees het nie: Hoofstuk Een
***
Kopiereg: Alison Lawrence



Opmerkings
Plaas 'n opmerking