Reis Na Die Einde: 'n Gratis Vervolg Verhaal
Reis Na Die Einde
Hoofstuk Een
Miandré voel 'n bietjie senuweeagtig. Sy het nooit op 'n Kaapstad trein geklim nie. "Bel my, hartjie," haar Ma het altyd gesê, "of gebruik liewer die uber. Dis baie veiliger as die trein."
Miandré sidder as sy die nuus berig onthou: "Student Vermoor Op Die Oggend Trein!"
Maar nou het die regering ingegryp. Elke trein het sekuriteit. En die stasies. En die Here het haar duidelik die gevoel gegee dat sy moet per trein elke dag tot by die kollege reis. So, nou vind sy haarself hier. Heel voor, op pad na die stad.
Sy het by Vishoek Stasie op die trein geklim, nadat haar Ma haar daar afgelaai het, nie sonder 'n bietjie stres. Maar op die ou einde het die positiewe terugvoer van Ma se vriende gewen. "OK, Miandré. Maar bel vir my as jy enigsins ongemaklik voel."
"Ek sal, Ma," die petite rooikop het geknik, "maar Ma moenie te veel worry nie. Die Here is met my."
Miandré sit haar rugsak op die bank langs haar, en voel hoe die spanning verdywn, die oomblik dat sy die see uit die trein venster sien. Vandag, is die oseaan die mooiste groen-blou kleur, en sy verloor amper haarself daarin. Sy voel iets wat binne in haar hart roer: dankbaarheid teenoor Die Here, en bewondering oor Sy Skepping. Miandré kyk vinnig rondom die kompartenent. Maar hoeveel van hierdie mense ken vir U, Liewe Jesus? Seker nie baie nie. En U wederkoms is so naby. Wat wil U hê ek moet doen?
Miandré se oë val op haar rugsak, en die antwoord kom. Dis nie iets groots, maar dis wél iets. Iets wat sy kan doen.
***
Wees op die uitkyk vir die volgende hoofstuk hier op die webjoernaal!
***
Kopiereg, Alison Lawrence.



Opmerkings
Plaas 'n opmerking