Gedagtes Van 'n Geredde: Ewige Hoop En Vreugde
Gedagtes Van 'n Geredde: Ewige Hoop En Vreugde Liewe Leser, Ek wens u toe 'n mooi, en geseënde September. Mag Die Here Sy gesig op u laat skyn. Maar ek wens die meeste dat elke leser sy of haar hart en hele lewe vir Jesus sal gee: Sy geskenk van vergifnis en genade sal aanvaar. Want dis net as ons weergebore is dat ons ware vreugde kan ervaar. Jesus se kruis dood is die enigste brug na die Vader. Vertrou op Sy bloed om u te reinig en red. Dan kan u vrylik die vreugde en hoop wat Jesus bied ervaar. Selfs kinders van die Here moet herinner word dat hierdie seëninge elke moment beskikbaar is. Ons hét Hoop. En ons hét vreugde. Ons kan hulle vrylik kry as ons elke dag in Die Gees wandel. Moeilike, hartseer, en harde tye gaan kom, maar Die Seun Van God skyn altyd in ons harte. Laat dat die pragtige blom hier bo u herinner aan Jesus se wonderlike geskenk van liefde aan u. *** JOHANNES 3:1-21 AFR53 [ 1] EN daar was 'n man uit die Fariseërs met die naam van Nikodémus, 'n owe...









