Anja se Plekkie. Hoofstuk Ses. 'n Gratis Vervolg Verhaal

 



Anja se Plekkie

Hoofstuk Ses



Aan die einde van die volgende maand moes Anja bietjie teen haar sin stad toe ry. Tydens die lang rit, het sy verlang na haar gesprekke met Markus. Teen die tyd, het hulle baie goeie vriende geword, en Anja mis sy geselskap. Dit sou minder vervelend wees as hy saam met haar in die motor kon wees. Maar sy het nogal uitgesien om haar Ma, Pa, en suster te sien, asook haar swaer en nefies. Sy't geskenke saamgebring, sowel as 'n lang lys ditjies en datjies vir die winkel. Haar bakkie sou vol wees op die rit terug.

Voor dat sy weg was, het Markus by die winkel kom kuier. Hy was nogal bekommerd dat sy van plan was om alleen te ry. "Ek wens ek kon saamry Anja. Belowe my jy sal versigtig wees. Ek gaan jou boodskap, en bel. En jy moet bel as jy daar aankom, hóór?"

Anja het belowe. Sy dink nou, terwyl sy ry, hoe dierbaar sy bekommernis is. Nou stuur hy boodskappies vir haar wat haar laat glimlag. Hy is 'n kosbare vriend, en diep binne haar hart, erken Anja dat sy wens dat sy, en nie iemand anders, sy trou meisie kon wees. Maar, dit was nie iets waaroor sy lank kon tob nie. Markus is spesiaal, en hy verdien 'n super spesiale vroutjie. Miskien iemand wie op 'n plass grootgeword het. Iemand wie 'n boer sal kan bystaan.


***


"Nou, toe, Pa is al aan die slaap, so jy kan alles vir my vertel." Helouise, Anja se ma neem 'n slukkie tee. "Hy hoef nie skaam te wees nie, Anja. Dis net ek en jy."

"Alles?" Anja krimp so bietjie ineen.

"Isabeau het my ander dag gebel en my vertel van Phillipus Kruywagen se kleinseun, en hoe julle twee begin het om uit te gaan. Sy kon nie genoeg sê oor hoe wonderlik en opreg hy is. Liefie, ek is so, so, bly dat jy gaan nie meer alleen wees nie." Sy sug tevrede. "So, vertel my meer van my toekomstige skoonseun. Ek is die ene ore."

"Ma. Asseblief." Anja se gesig is so rooi soos haar ma se fluweel gordyne. "Markus is dood envoudig 'n vriend. Dis al. Hy stel nie belang in 'n romantiese verhouding met my nie. Ons stap gereeld saam. En hy kuier by die winkel. Dis al."

Heloise snork sag. "Dis net soos Isabeau gesê het. Goeie vriende word goeie huwelik's maats. Wag net Anja, jy sal sien. Daai man gaan verlief raak op jou, en jy op hom."

Skielik kan Anja die trane nie keer nie. Haar Ma se woorde het iets laat los breek. "Ma, jy verstaan nie. Ek ís verlief op hom. Maar Ma moet weet, hy sal nooit meer as vriende wil wees met 'n 'plain Jane soos ek.' Anja snik hard, en sy kies koers na haar kamer. Haar ma sit vir 'n oomblik geskok op die bank. Waar het die kind dié onnosel idee gekry?

Sy stap stilletjies die gas kamer binne, maar Anja wil nie luister na enige iets wat sy sê nie, en haar snikke hou nie eers op nie. Daar's net een ding wat ek nou as ma kan doen: ek moet vreeslik hard vir my arme kind bid.


***


Anja Se Plekkie, Hoofstuk Vyf:


Skakel


Hoofstuk Sewe


Baie dankie dat jy saamlees. Deel gerus. Mooiste daggie,

Alison

(Môre kan jy die laaste hoofstuk lees.)



🩷🩷🩷


Opmerkings

Gewilde plasings