Anja se Plekkie. Hoofstuk Sewe. 'n Gratis Vervolg Verhaal

 



Anja se Plekkie

Hoofstuk Sewe


Anja skaam haarself oor haar optrede gedurende die rit huis toe. Sy't haar ma om verskoning gevra, en Helouise het niks verder oor Markus gesê nie. Genadiglik. Haar hart pyn oor die gedagte dat sy hom een dag gaan verloor. Miskien sal dit beter wees om nou al bietjie terug te trek voordat haar hart nóg seerder kry. Ja, dis seker vir die beste. Ek sal 'n manier moet kry om dit aan hom te verduidelik. Maar hoe?


***


Anja kom laat by die huis aan op Sondag aand. Sy sleep haarself uit die bed op Maandag oggend, en het net tyd vir 'n vinnige gebed terwyl sy haar koffie drink. Dis een van dáái oggende, waar jy net een voet na die ander neer sit en vir krag bid. Die sonskyn in haar hart is bietjie verdof, terwyl sy deur haar routine gaan. Maar danksy haar liefde vir die Here, voel Anja beter teen die tyd dat sy haar winkeltjie oopsluit. Toe sy terug loop bakkie toe, om die bokse te gaan haal, wag daar 'n groot verrassing daar: Markus leun op die bakkie, 'n groot grinnik op sy gesig. "Ek het gedink jy gaan bietjie hulp nodig hê. Jy is seker dood moeg."

Anja stoot haar vorige gedagtes eenkant. Dit is so goed om hom weer te sien. Sy besluit dat sy die tyd wat sy oor het saam met hom sal geniet. "Ai, dis gaaf, Markus. Ek waardeer dit opreg."

"Ek het jou gemis, Anja."

"Ek ook." Erken sy dit. Met hulp van Markus' se sterk arms, is die bakkie vinnig leeg, en die bokse weggepak in die stoor kamer. "Jy's 'n stêr, Markus. Dankie." Anja sit die ketel aan. Sy bedink dit om met Markus oor hulle verhouding te praat. Om dit agter die rug te kry. Hulle sit op twee hoë stoelle naby die toonbank. 

"So, vertel my van jou kuiertjie. Hoe gaan dit met jou ouers?"

Anja bloos weer. "Dit gaan goed met hulle." Net nie met my nie.

"Anja," sê hy ewe skielik. "Dink jy Tannie Isabeau sal omgee om weer môre vir jou in te staan? Daar is iets waaroor ek wil praat, en ek dink die heuwel is die enigste plek waar ek dit kan sê."

Anja se gesig word bleek. Sy't gehoop dat dit nie so vinnig oor sou wees: hierdie lieflike vriendskap. Maar haar gebede is seker beantwoord. Markus moes seker iemand gevind het. "Ja...dis reg so Markus. Ek sal vir haar vra."

Markus kyk versorgd na haar. "Hy hoef nie te gaan nie as jy nog te moeg is."

"Nee." Sê sy, vasberade. "Ek wil gaan."


***


Die volgende oggend, laai Markus vir Anja op by haar huis. Sy lyk nog bietjie bleek vir hom, maar hy sê niks daaroor nie. Hopelik sal die vars lug haar laat beter voel. Terwyl Anja weg was, het Markus met meer duidelikheid as ooit besef dat hy sy trou meisie gevind het. En nou moet Anja daarvan óók weet.


***


Anja besluit dat sy nóg die dag saam met Markus gaan geniet. Dit kan dalk hulle laaste uitstappie wees. Die water van die dam sprankel, en 'n ligte lente briesie waai. Die lammers lê saam met hul ma's in die weivelde, en geel blommetjies versier die toneel. Wat ook al Markus wil sê moet belangrik wees: hy's seker baie besig op die plaas.


"Dis 'n perfekte dag, is dit nie?" Markus lyk dol gelukkig. Anja glimlag saggies. "Ja, dit is." Hy loop voor, en bereik die top punt van die heuwel eerste. Hy lyk so opgewonde. Anja staal haarself vir wat hy seker gaan sê. Skielik, vat hy sy hand in syne, en trek haar na Dominee se gebedskamer. Die gevoel van sy hand in hare, is al waaraan sy kan dink. Hy kyk in haar oë. "Anja, ek is lief vir jou. Terwyl jy weg was, het ek besef dat ek my trou meisie gevind het. Sal jy saam met my uitgaan, met die doel dat ons sal trou? Ek wil nie met jou gevoelens speel nie, Anja. Ek wil eerlik met jou wees van die begin af. Jý is my trou meisie. Die Here het dit duidelik vir my gemaak."

Anja se oë rek. Het Markus rerig vir háár lief? Rerig? Wil hy rerig met haar eendag trou? "Maar....ek het gedink... O, Markus, ek is lief vir jou." Haar trane vloei nou. Markus neem haar in sy arms en soen haar so teer. "So wat sê jy? Is ek jou trou man Anja?"

"Ja, Markus. Ek besef dit nou. Jý is my trou man."

"Jy is beeldskoon, my liefie. So beeldskoon."

Alle bedenkinge vlieg weg terwyl Markus in haar oë kyk. Markus is lief vir háár.

Hand aan hand stap hulle af langs die paadjie. Hulle gaan eers vir sy oupa hulle nuus vertel, dan gaan hulle Anja se ouers bel.

Anja kyk terug na die bo punt van die heuwel. Hansie se heuwel is sowaar 'n besondere plekkie. En nou het dit ook haar plekkie geword: nee, húlle plekkie. Markus en Anja se plekkie.


***

Anja Se Plekkie, Hoofstuk Ses: 


Skakel


Baie dankie dat jy saamgelees het. Ek waardeer dit opreg. :)


Liefde en gebede,

Alison

Opmerkings

Gewilde plasings