'n Rivier Wandel.
'n Rivier Wandel
'n Rivier wandel
bring my altyd
nader aan my Heer:
In die sag einde van die dag
die natuur prys
aanhoudend Sy Naam;
en ek asem diep
want Hy stap saam.
***
potlood in Sy Hand
***
PSALMS 148:1-14 AFR53
[1] HALLELUJA! Loof die Here uit die hemele; loof Hom in die hoogtes! [2] Loof Hom, al sy engele, loof Hom, al sy leërskare! [3] Loof Hom, son en maan, loof Hom, alle ligtende sterre! [4] Loof Hom, hoogste hemele en waters wat bo die hemele is! [5] Laat hulle die Naam van die Here loof; want Hý het bevel gegee — en hulle is geskape. [6] En Hy het hulle in stand gehou vir altyd, vir ewig; Hy het 'n wet gegee wat geeneen oortree nie. [7] Loof die Here van die aarde af — groot seediere en alle dieptes! [8] Vuur en hael, sneeu en damp, stormwind wat sy woord volbring; [9] berge en alle heuwels, vrugtebome en alle sederbome, [10] wilde diere en alle vee, kruipende diere en gevleuelde voëls; [11] konings van die aarde en alle volke, vorste en alle regters van die aarde; [12] jongelinge en ook jongedogters, oues saam met die jonges — [13] laat hulle die Naam van die Here loof! Want sy Naam alleen is hoog; sy majesteit is oor aarde en hemel! [14] En Hy het 'n horing vir sy volk verhef: 'n roem vir al sy gunsgenote; vir die kinders van Israel, die volk wat naby Hom is. Halleluja!
Fotos: Alison Lawrence









Opmerkings
Plaas 'n opmerking