Inspirasie van Psalm 116
Inspirasie van Psalm 116. "Ek is Lief vir my Heer."
PSALMS 116:1-14 AFR53
[1] EK het lief, want die Here hoor my stem, my smekinge, [2] want Hy het sy oor tot my geneig; daarom sal ek Hom in my dae aanroep. [3] Bande van die dood het my omring, en angste van die doderyk het my getref; ek het benoudheid en kommer gevind. [4] Maar ek het die Naam van die Here aangeroep: Ag, Here, red my siel. [5] Die Here is genadig en regverdig, en onse God is 'n ontfermer. [6] Die Here bewaar die eenvoudiges; ek het swak geword, maar Hy het my gehelp. [7] My siel, keer terug tot jou rus; want die Here het goed aan jou gedoen. [8] Want U het my siel gered van die dood, my oog van trane, my voet van struikeling. [9] Ek sal wandel voor die aangesig van die Here in die lande van die lewendes. [10] Ek het geglo toe ek gespreek het: รk is diep neergebuig. [11] รk het in my angs gesรช: Alle mense is leuenaars. [12] Wat sal ek die Here vergeld vir al sy weldade aan my? [13] Ek sal die beker van verlossinge opneem en die Naam van die Here aanroep. [14] My geloftes sal ek aan die Here betaal in die teenwoordigheid van sy ganse volk.
https://bible.com/bible/5/psa.116.1-14.AFR53
***
Deur die skadu's,
deur die nag,
my Heer is daar;
en Hy gee krag.
Hy luister altyd,
buig Sy oor,
en elke kreet
deur Hom gehoor.
En nou buig ek,
my hart is teer;
Ek's lief vir U,
my Redder; Heer.
***
A.S.L
Met baie liefde. Mag die Here jou seรซn en jou veilig in Sy liefde hou.
Alison
Opmerkings
Plaas 'n opmerking