Die Vreugde Wat Op Ons Wag
PSALMS 126:5 AFR53
[5] Die wat met trane saai, sal met gejubel maai.
https://bible.com/bible/5/psa.126.5.AFR53
Die Vreugde Wat Op Ons Wag
Liewe Leser,
Diรฉ kosbare vers het die ander oggend opgekom. Ek het dit vir 'n ruk lank vasgehou. Toe skryf ek dit in my joernaal uit, en onder dit, die woorde, "Dankie Here!"
O, ja. Die vreugde wat op ons wag!
En, ja, ons het baie trane oor die jare uitgestort, en ons het nou lankal verlang na die Here se terugkoms om ons te kom haal. Ons verlang nog. Want ons weet, die Skrif verseker ons, dat ons hartseer in vreugde, en dans, en sing, en juig, gaan verander.
Daar is รณรณk die hoop dat Jesus ons omstandighede hier op die aarde kan verander. Ons het hoop elke dag van ons lewens.
Elke dag kan ons sรช, "Miskien gaan die Here vandag ons kom haal." En dan, staan jy op, en jy glimlag met die vreugde wat net Hy vir jou kan gee, en jy sprinkel Sy Liefde op jou familie en jou medemens uit. En jy gee uitnodigings vir die Bruilofsfees uit.
Voel jy ook so vandag liewe leser? Of voel jy onseker, kwaad, of teleurgesteld omdat 'n Danie of 'n Joshua so of so gesรช het en dit het nie gebeur nie?
Gaan na sy Woord. Gaan weer na sy Woord, en lees die Here se waarskuwings en Sy beloftes.
Ja, niemand ken die dag, so ons kan elke dag wag! O, die vreugde wat ons sal ervaar as ons Sy wonderlike gesig sien!
Mooiste daggie almal.
***
A.S.L
Opmerkings
Plaas 'n opmerking