'n Lente Stappie
Liewe Leser,
Vandag het ek vinnig uitgeglip vir 'n stappie langs die rivier. Op pad na die water, het vriendelike gesiggies vir my gegroet, en ek moes net natuurlik stop en 'n fototjie vat van hulle.
Toe, opgewonde, vat ek 'n klompie meer. Die son het mildelik geskyn, die water het geroep. Vir seker, 'n gepaste dag vir 'n stappie.
Daar was ook mense daar. Mense vir wie die Here omgee: mense wie werk, en mense wie ontspan. Kosbare siele.
'n Entjie verder, gaan sit ek op 'n bank langs die rivier, en ek praat so bietjie met die Here. Hoekom Here? Hoekom? Dis net een van my hoekoms. Maar dis vir Jesus belangrik, en Hy gee my 'n antwoord. Dis nie 'n maklike woord, maar ek wil Hom gehooorsaam, en ek sรช ja. En net daar begin die vreugde.
Ja, dis 'n perfekte dag vir 'n stappie
Kopiereg: Alison Lawrence
Opmerkings
Plaas 'n opmerking