Slaap Jy Nog?
Slaap Jy Nog?
Liewe vriend en leser,
Ek vind dit nou nodig om hierdie vraag te vra. Nie om onbeskof te wees nie. Nee, ek vra omdat ek gee om. As bemoediger wil ek jou graag aanspoor.
Slaap jy nog?
Slaap jy nog terwyl pryse na die sterre skiet, terwyl aardbewings elke dag vermeerder, die weer tekere gaan, en geweld en misdaad syfers al hoe hoรซr klim? Terwyl Israel vir die lewe veg en bomme en missiele die aarde skud. Terwyl mense bloei en trane vloei.
Slaap jy miskien nog?
Indien so, word wakker liewe vriend/vriendin. Die Here se koms is baie naby, en die Wegraping gaan nie vir jou wag nie.
Ek stel beslis nie 'n datum nie. Niemand weet wanneer die Here gaan terugkom. Slegs God weet. Maar die tekens is oral.
En nou moet ons vra, wat moet ons doen? Hoe moet ons leef?
Die Woord hou dit eenvoudig: gaan verkondig die Evangelie. Orals. En wees heilig. Soos Hy heilig is. Sorg vir diรจ wie Die Here jou gegee het. Doen jou werk. En gaan aan om elke dag mense te waarsku.
Kyk op. Want Hy kom op die wolke. Ja. Vir seker.
***
MATTHรรS 28:19-20 AFR53
[19] Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het. [20] En kyk, Ek is met julle al die dae tot aan die voleinding van die wรชreld. Amen.
https://bible.com/bible/5/mat.28.19-20.AFR53
***
OPENBARING 22:12 AFR53
[12] En kyk, Ek kom gou, en my loon is by My, om elkeen te vergeld soos sy werk sal wees.
https://bible.com/bible/5/rev.22.12.AFR53
***
MATTHรรS 24:36-44 AFR53
[36] MAAR van diรฉ dag en diรฉ uur weet niemand nie, ook die engele van die hemele nie, maar net my Vader alleen. [37] En net soos die dae van Noag was, so sal ook die koms van die Seun van die mens wees. [38] Want net soos hulle was in die dae voor die sondvloed toe hulle geรซet en gedrink het, getrou en in die huwelik uitgegee het, tot op die dag dat Noag in die ark gegaan het, [39] en dit nie verstaan het voordat die sondvloed gekom en almal weggevoer het nie, so sal ook die koms van die Seun van die mens wees. [40] Dan sal daar twee op die land wees; die een word aangeneem en die ander word verlaat. [41] Twee vroue sal by die meul maal; die een word aangeneem en die ander word verlaat. [42] Waak dan, omdat julle nie weet watter uur julle Here kom nie. [43] Maar weet dit: as die huisheer geweet het in watter nagwaak die dief sou kom, sou hy gewaak en nie toegelaat het dat in sy huis ingebreek word nie. [44] Daarom moet julle ook gereed wees, want die Seun van die mens kom op 'n uur dat julle dit nie verwag nie.
https://bible.com/bible/5/mat.24.36-44.AFR53
***
Opmerkings
Plaas 'n opmerking