'n Gedig en 'n Mini Storie
Min
Die tyd is min,
So koop dit uit:
Tyd om te doen,
Versprei dit wyd:
Dat Jesus red
Daar is min tyd.
***
'n Nuwe Maandag
Naomi word wakker voor haar alarm. Sy strek lekker, en glimlag breed. Dis Maandag, dog voel sy nie depressief of teneergedruk nie. Die koue pla haar nie, selfs wanneer sy haar voete op die ysige vloer plaas.
Binne 'n paar minute, is sy gekleed en geborsel. Vol energie, sit sy die ketel aan. Dan maak sy haar bed en open die gordyne. Die son is net besig om opwaarts te wandel.
Naomi stop en drink alles in: die stilte, die kleure, die voëltjie gesang. En die vreugde.
So, dis hoe dit voel om weer gebore te wees. Dankie Jesus, vir ' nuwe Maandag, en 'n nuwe lewe.
***
Skrif:
[3] Jesus antwoord en sê vir hom: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie weer gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie.
https://bible.com/bible/5/jhn.3.3.AFR53
***
Geseënde dag.
***
Storie en gedig kopiereg: Alison Lawrence




Opmerkings
Plaas 'n opmerking