Twee Goue Ure. n' Kort Inspirerende Storie

 



Twee Goue Ure

(Fiksie.)

"Ek het so pas gehoor van n' student wie die Bybel net in een maand deurgelees het."
Die ou oompie fluit saggies. Ons staan mos buite die kerk. Dis teetyd, en die koffie en geselligheid is heerlik.
"Sjoe, Oom, hoeveel tyd moes hy elke dag op Bybel-lees spandeer?"
"Ek dink dit was sowat twee uur of so. Klink reg, skat ek."
Ons praat 'n bietjie verder oor die seldsame student en die waarde van die Heilige Skrif, maar 'n gevoel van skaamte vul my.
Toe ek by die huis aankom, maak ek my foon oop. 'n Paar tikkies later, en dit word duidelik dat ek hopeloos te veel tyd op sosiale media spandeer. My gewete kla my aan. Jy het mos tyd, en jy weet dit.
Ja, ek het tyd, besef ek. Minstens twee uur per dag, verseker.

***

Hierdie storie is met liefde opgedra aan Oom Johann. Vriend van die Here, en vriend van ons almal. Tot weersiens.

***

Storie kopiereg: potlood in Sy Hand.

Opmerkings

Gewilde plasings