In Die Dal. 'n Gedig
In Die Dal
As my voete moet stap
deur donkerste nag
dis die Here alleen
Hy's my sterkte, my krag
Al eggo my hoekoms
en koud trane val
net Hy is my trooster
deur die woud en die dal
Hoe pynvol my lot
ek is nooit sonder lied
want my Vader, my Redder
dit is Hy Wie hoop bied
***
Kopiereg: potlood in Sy Hand
***
PSALMS 23:1-6 AFR53
[1] 'n PSALM van Dawid. Die Here is my herder; niks sal my ontbreek nie. [2] Hy laat my neerlรช in groen weivelde; na waters waar rus is, lei Hy my heen. [3] Hy verkwik my siel; Hy lei my in die spore van geregtigheid, om sy Naam ontwil. [4] Al gaan ek ook in 'n dal van doodskaduwee, ek sal geen onheil vrees nie; want U is met my: u stok en u staf diรฉ vertroos my. [5] U berei die tafel voor my aangesig teenoor my teรซstanders; U maak my hoof vet met olie; my beker loop oor. [6] Net goedheid en guns sal my volg al die dae van my lewe; en ek sal in die huis van die Here bly in lengte van dae.
https://bible.com/bible/5/psa.23.1-6.AFR53
Opmerkings
Plaas 'n opmerking