Stories Van Redding: Jaco

 



Stories Van Redding: Jaco



Jaco glimlag breed. Hy staan heel voor op die boot, sy oรซ vasgenael op 'n smal strepie in die verte: die hawe. Ja, die lewe is darem goed, dink hy. Hulle bring 'n mooi vangs in, en daar sal geld wees. Lumรฉ en die kinders wag vir hom by die huis: hulle sal opgewonde en vol drukkies wees. Ja, die lewe is goed.

Op Sondag, sal hulle weer hulle bank in die kerk volsit, en hy sal seker maak dat hy minstens 'n paar blou note in die kollekte sit. Maar eers, sal hy 'n bietjie kroeg toe gaan saam met die manne.

"Jy's 'n goeie man, Jaco. Hier aan boord, en by die huis." Die skipper het eendag vir hom gese. Almal het saamgestem. Jaco was iemand op wie jy kon staat maak. Hy kon sy drank goed hou, en hy het nie sy fuiste  sommer vir niks gebruik nie. Ook, hy was dol verlief op sy eie vrou. Ja, Jaco was 'n goeie man.

Tevrede dat alles vlot loop, draai hy om om onder toe te gaan. Skielik, slaan 'n reuse golf hom van sy voete af. Hy word oorbord gedompel, binne in die diep, groen, bruisende water.
"Help!" Skree hy, terwyl sy mond met water vul. "Help!"

Genadiglik is dit helder dag, en die manne kry hom vinnig weer aan boord.

Jaco bibber van die koue en van skok. Hy sal nooit daai "rogue" brander vergeet nie.

"Jy was amper in die ewigheid in." Lourens se stem klink sag en amper teer. "En ek glo nie jy was gereed nie ou pรชl."

Jaco trek die kombers stywer om hom en aanvaar die stomende beker koffie van die visserman. Hy kyk hom stip aan. "Wat bedoel jy? Ek is 'n goeie man. Ek het niemand vermoor nie; ek steel nie, ek gaan kerk toe. Die hemel is bedoel vir goeie mense nie so nie?"
"Nee, Jaco. Die hemel is bedoel vir die bloed-gewastes. Mense wie vertrou net op Jesus en Sy kruis dood om hulle te red en nie op goeie werke nie."

Jaco vat 'n slukkie koffie. Hy bibber nie langer van die koue, maar diep binne sy siel, skud 'n nuwe vrees hom. Wat sou gebeur het as hy vandag gesterf het?

Hy fokus weer op Lourens, sy oรซ vasgenael op die bruin gebrande gesig. "Vertel my ou maat, vertel my die eenvoudige Evangelie nog 'n keer. En dan, asseblief, sal jy vir my bid?"

***

GALรSIร‹RS 2:16 AFR53
[16] terwyl ons weet dat die mens nie geregverdig word uit die werke van die wet nie, maar alleen deur die geloof in Jesus Christus, selfs ons het in Christus Jesus geglo, sodat ons geregverdig kan word uit die geloof in Christus en nie uit die werke van die wet nie; omdat uit die werke van die wet geen vlees geregverdig sal word nie.

https://bible.com/bible/5/gal.2.16.AFR53

***

As jy so gelei voel, deel die storie met iemand.

***

Mooiste week,
Liefde en gebede


Opmerkings

Gewilde plasings