 |
Foto: Fabrizio Conti. Unsplash
Sonder Hom
Vandag dink ek aan daai ou liedjie, "Blue Christmas" wat Elvis Presley gesing het. In die liedjie, sing Presley dat Kersfees sommer treurig gaan wees sonder die vrou op wie hy verlief is. (Of minstens, ek dink dis waaroor dit gaan.) Miskien het hy van sy Ma gesing. Hy was mos baie lief vir haar. En terloops, het jy geweet dat Elvis Presley "Gospel" ook gesing het? Maar nou loop ek weg van die punt van hierdie stukkie.
As ek na daai liedjie luister of dit sing, dan dink ek aan my Ma. Sy't baie van Elvis gehou. Nou dat sy nie langer met ons is nie, bring "Blue Christmas" 'n traan na my oog.
Dit het my ook laat dink hoe bitter erg dit sou wees om sonder Jesus Kersfees te moet vier, of sonder Hom deur selfs enige dood gewone dag te moes deur kom. Nou dit sou baie blou wees.
Die ding is, ek sou erg sukkel om net een dag sonder my Heer en Saligmaker te moet deurleef. As dit by Kersfees kom, sou daar natuurlik geen rede gewees het om dit te vier sonder Hom. Ja, enige dag of Kersfees sonder Hom is besonder blou.
Liewe Leser, wat van jou? Ken jy vir Jesus? Is Hy jou sonlig, jou vreugde, jou alles? Of is jou dae hier op aarde vaal of blou, of selfs donker?
Jesus is die Lig van die wereld. Hy wil deel van jou lewe wees. Roep uit na Hom. Bekeer, vra vir Jesus om jou te red, en ek belowe, die blou sal verander in goud, en die kleure van feesviering.
Probleme, hartseer, en moeilikhede sal nog daar wees, maar nooit weer die hartseer van 'n lewe sonder Jesus.
***
JOHANNES 8:12 AFR53
[12] EN Jesus het weer met hulle gespreek en gesรช: Ek is die lig van die wรชreld; wie My volg, sal sekerlik nie in die duisternis wandel nie, maar sal die lig van die lewe hรช.
|
https://bible.com/bible/5/jhn.8.12.AFR53
***
Deel asseblief as u so gelei voel. Dankie.
Baie liefde en gebede.
Opmerkings
Plaas 'n opmerking