Gedig: 'n Christus' Fees Oproep

 



'n Christus' Fees Oproep



Die tyd haas vinnig hier verby,
Dis amper weer die Kersfees tyd

Die winkels string bont liggies op,
en sussie kerm oor daai duur pop

Lank voor die tyd kom bome uit,
en in die "mall" versierings spruit

Nou orals in ons mooiste land,
die soek na water, rus, en sand

Die kinders lag, beplan hul lys,
vir die wie kom van land van ys

En kopers doof vir die nood sein,
gaan maak 'n vuur en drink meer wyn

Ja, orals draf die mense rond,
hul sien nie eers die steil afgrond

Nou is ons laaste tyd maar skraal,
Die Here kom Sy bruid te haal

Sy eerste koms het hul vergeet,
al wat hul doen is speel en eet

En ons wie Here Jesus eer,
ons weet dit gaan oor soveel meer
Kyk! Daar is vyf minute oor!
Gaan uit, en red die wat wil hoor!

***

Kopiereg: potlood in Sy Hand

***

Ek wens almal 'n geseรซnde, Jesus gevulde Christus Fees toe.
๐Ÿฉท๐Ÿ™๐Ÿฉท

Opmerkings

Gewilde plasings