Die Regte Pad. 'n Gedig.

 


Die Regte Pad



Het 'n hele ent

duiwel's pad geloop;

die leuens het gewink

so soet soos stroop

En heelwat mense het

saam gedans

bedwelm deur die helder glans

Alles het so mooi geskitter;

maar die agtersmaak 

was suur en bitter


Toe, ontmoet ek vir Jesus

een mooiste dag;

en daar skielik verloor

die bose sy krag

Nou wandel ek op

die kosbare weg:

soms steil en moeilik,

maar altyd reg.


***

Kopiereg: potlood in Sy Hand

***

Opmerkings

Gewilde plasings