Moeg. 'n Gratis Kort Verhaal.

 Nota: Hierdie webjoernaal vat 'n blaaskansie. Baie dankie vir u ondersteuning oor die maande.



Moeg: 'n Kort Verhaal



Leandrรฉ voel dood moeg. Skielik so moeg.

Sy sit met haar Bybel by die kombuis tafel, 'n ouerige vrou met silwer krul hare en 'n bont voorskoot. 

Riaan is by die werk, en haar kinders het nou hul eie huise en woonstelle. Sy het meer as genoeg tyd om bietjie met die Here te praat..

Maar dis moeilik. Die aaklige beelde en angswekkende woorde mars deur haar gedagtes: oorlog, bloed, moord, verkragting, gyselaars, bombe, missiele. En dan, vloede, orkane, storms, aardbewings, massiewe golwe, hongersnood en plae.

Ai, Here. Ek voel so hopeloos. Wat kan ek doen?

Sy kyk na die oop Boek voor haar. Sy lees hoe Jesus vir Sy dissipels en ook vir die hele wรชreld gebid het.

Jy kan vir hulle bid my kind.

Leandrรฉ sak dankbaar haar kop. Sy bid vir 'n hele ent en lees dan weer haar Bybel. Sy drink eers rustig 'n koppie tee voordat sy water vir die skottelgoed tap.

Terwyl sy 'n koortjie sing, hoor sy die deur klokkie lui. Hoopvolle oรซ kyk na haar. 

Ja, Here, ek sal.

Sy maak toebroodjies en sit hulle in 'n sak saam met vrugte en sap. En 'n Paar traktaatjies. "Ken jy vir Jesus?" Sy vra die vreemdeling. Leandrรฉ voel gelei om die Evangelie sommer net daar te deel.

Die vrou lyk geinteriseerd. Sy belowe om die traktaatjies te lees.

Al biddend gaan Leandrรฉ terug na haar skottelgoed. 

Sy begin weer om die koortjie te sing. Die moegheid is weg, en die wรชreld is weer veilig in Jesus se hande.


***


Kopiereg: potlood in Sy Hand


***


Mooi week๐Ÿ™๐Ÿ’–

Liefde en gebede

Opmerkings

Gewilde plasings