Foto: Darwin Vegher. Unsplash
Laat Alles Gaan
Liewe Leser,
Vandag, nou, vir ewig, wil ek alles opgee en laat gaan om Jesus alleen die eerste plek in my lewe te gee.
Hier nou, aan die einde van die eind-tyd, is daar geen tyd vir nietighede, kolleksies van ditjies en datjies, en oneindige uitstappies na die "mall."
Voel u dit ook?
In die laaste paar jaar, het alles vinnig in fokus gekom. Daar is net Een. Net Jesus. Hy is al.
En Hy kom spoedig terug om ons, Sy Bruid, huis toe te neem.
Wyl ek die Boek Kolossense lees, word dit duidelik. Jesus is Al. En Hy is Alles.
Waarom sou ek iets anders as Hom begeer?
***
|
Opmerkings
Plaas 'n opmerking