|
Die eerste dag
Laat die Kinders Kom
Dit was hierdie week maar baie bedrywig vir die span helpers van EG Kerk Weskus Gemeente. Die rede? Dit was ons jaarlikse Vakansie Bybelskool.
Die voorbereidings-tyd het blits vinnig verby gevlieg, en in 'n japtrap het die dag aangebreek.
Die opwindenheid onder die kinders was groot. My tweetjies het ook ingespring om my te help met al die uitknipery. Die hele huis was provol Bybel Skool goed.
Sowat 130 kinders het die geleentheid bygewoon onder leiding van Ds Herman van Zyl en sy gade, Saskia. Ons diaken en ouderlinge was ook baie bedrywig in die stuur's kajuit. Saam aan boord met hulle was 'n klompie entoesiastise vrywillegers van in en buite ons kerk.
|
|
Jakkie Jakkels bediening
|
|
Bokse vol pret en liefde |
|
Ons het potte versier
Vakansie Bybel Skool strek oor vyf dae. Die hoof saak is om die reddende Evangelie met die kinders te deel. Elke dag, het Dominee 'n eenvoudige, Bybelse boodskap gebring onder die tema, "Die Liefde van God."
Daar was ook baie geesdriftig gesing. Op die eerste dag, het Jakkie Jakkels die kinders mooi bemoedig. Daar was gedans en lekker hard gesing.
Vrywillegers het ook toebroodjies, sap, en later 'n middagete vir die kinders en helpers voorberei en bedien. Ons was baie dankbaar vir al die hulp en skenkings waarmee ons almal geseรซnd was.
Ons het ook elke dag 'n handwerk sessie aangebied. Die kinders was opgedeel volgens hul grade. My groep was die graad twee en drie dogters. 'n Dierbare klomp, verseker!
Saam het ons potte versier, kollage en boekmerkies gemaak, sowel as wurmpies met krale. Die "glitter" wat ek gebring het was hulle gunsteling! Ek was so dankbaar vir Nadia se hulp op die "glitter" dae. :) Op die laaste dag, het ons saadjies in die potte gesaai.
Vrydag aand was dit tyd vir die prys-uitdeling. Die kinders het mooi vir die ouers gesing. Jakkie Jakkels het ook ingeloer en die kinders het opgewonde saam baljaar. Almal het 'n sertifikaat en 'n lekker gekry.
Dis altyd hartseer om totsiens op die laaste dag te sรช. Ja, dis harde werk vir seker, maar die kosbare kinders is dit werd. Ek besef dat ons heeltyd besig was om saadjies van God se liefde te saai.
Bid asseblief saam vir die kinders en vir volgende jaar se Bybel Skool.
Baie dankie.
LUKAS 18:15-17 AFR53
[15] EN hulle het ook die klein kindertjies na Hom gebring, sodat Hy hulle kon aanraak; en toe die dissipels dit sien, het hulle hul bestraf. [16] Maar Jesus het hulle na Hom geroep en gesรช: Laat die kindertjies na My toe kom en verhinder hulle nie, want aan sulkes behoort die koninkryk van God. [17] Voorwaar Ek sรช vir julle, elkeen wat die koninkryk van God nie soos 'n kindjie ontvang nie, sal daar nooit ingaan nie.
|
https://bible.com/bible/5/luk.18.15-17.AFR53
***
Storie en fotos: Alison Lawrence
Opmerkings
Plaas 'n opmerking