Liewe Leser. Bemoediging

 

Snoesig

Liewe Leser



Liewe Leser,

Ek hoop dat julle almal snoesig en warm is terwyl julle die pos lees. Mense hier in die Wes Kaap sê hulle het nooit so koud gekry nie as in hierdie winter nie.

En ons het verseker meer reën gekry as ons ooit vervag het. Maar ons kla dikwels oor die weer: die hoeveelheid reën, sowel as die dalende temperature. Ons kla net soos die Israeliete in die woestyn.

Hoe so? Vra jy miskien. Ons ge-klaery is hoegenaamd nie so erg as hulle s'n. En ons is eintlik dankbaar vir al die water. Hulle was blykbaar glad nie dankbaar nie.
 
As ons eerlik is, moet ons bely, dat ons sommer baie murmureer. Oor baie dinge. Nie net die weer nie. 

Ek kla oor pryse, rye, mense, werk. Daar is altyd iets om oor te kla. Maar, God se Woord is duidelik: ons moet nie kla nie. Ons is so ondankbaar as ons kla. Alles kom van ons Vader se Hand, nie so nie?
  
I KORINTHIËRS 10:1-13 AFR53

[1] WANT ek wil nie hê, broeders, dat julle nie sou weet nie dat ons vaders almal onder die wolk was en almal deur die see deurgegaan het, [2] en almal in Moses gedoop is in die wolk en in die see, [3] en almal dieselfde geestelike spys geëet het, [4] en almal dieselfde geestelike drank gedrink het, want hulle het gedrink uit 'n geestelike rots wat gevolg het, en die rots was Christus. [5] Maar God het in die meeste van hulle geen welgevalle gehad nie, want hulle is neergeslaan in die woestyn. [6] En hierdie dinge was voorbeelde vir ons, dat ons nie begerig moet wees na slegte dinge soos hulle begerig was nie. [7] En wees ook nie afgodedienaars soos sommige van hulle was nie, soos geskrywe is: Die volk het gaan sit om te eet en te drink en het opgestaan om te speel. [8] En laat ons nie hoereer soos sommige van hulle gehoereer het nie, en daar het op een dag drie-en-twintigduisend geval. [9] En laat ons Christus nie versoek soos ook sommige van hulle gedoen het nie, en hulle het deur die slange omgekom. [10] En moenie murmureer soos ook sommige van hulle gemurmureer het nie, en hulle het deur die verderwer omgekom. [11] Maar al hierdie dinge het hulle oorgekom as voorbeelde en is opgeskrywe as 'n waarskuwing aan ons op wie die eindes van die eeue gekom het. [12] Daarom, wie meen dat hy staan, moet oppas dat hy nie val nie. [13] Geen versoeking het julle aangegryp behalwe 'n menslike nie; maar God is getrou, wat nie sal toelaat dat julle bo julle kragte versoek word nie; maar Hy sal saam met die versoeking ook die uitkoms gee, sodat julle dit sal kan verdra. 


https://bible.com/bible/5/1co.10.1-13.AFR53


(Beklemtoning, (kursief) myne)


Bly warm in Sy liefde,

Alison



Opmerkings

Gewilde plasings