Gedagtes van 'n Geredde

 

By die rivier


Gedagtes van 'n Geredde



Liewe Leser,

Het u vandag aan die Here se wederkoms gedink? 

Ek glo nie dat baie van ons het. Ons is altyd so besig, besig, besig. Eindelose besigheid.

Ons is almal daaraan skuldig. Die dag, die week, die maand, vlieg verby, en al waaraan ons gedink het is werk, geld, plesier, en slaap.

Maar, vir 'n Christen, moet dit nie so wees nie. Ons is veronderstel om konstant aan die Here en die dinge van die Here te dink. Ons moet ook elke dag Sy Woord lees, bedink, en bestudeer.

I JOHANNES 2:15, 17 AFR53

[15] Moenie die wêreld liefhê of die dinge wat in die wêreld is nie. As iemand die wêreld liefhet, dan is die liefde van die Vader nie in hom nie.

[17] En die wêreld gaan verby en sy begeerlikheid, maar hy wat die wil van God doen, bly vir ewig. 


https://bible.com/bible/5/1jn.2.15-17.AFR53


As ons so behep is met die wêreld met al sy sorge, dinge, en plesiere, sal ons nooit aan die Here en Sy kosbare wederkoms dink nie. 

Ons moet bely dat ons gesondig het en so lou geword het. En dan moet ons weer die Woord van God gaan lees. En ons moet bymekaar kom. Weer vuur warm of verfrissend koud word.

Maranata Liewe Jesus!


I THESSALONICENSE 4:13-18 AFR53

[13] MAAR, broeders, ek wil nie hê dat julle onkundig moet wees met betrekking tot die ontslapenes nie, sodat julle nie treur soos die ander wat geen hoop het nie. [14] Want as ons glo dat Jesus gesterwe en opgestaan het, dan sal God ook so die wat in Jesus ontslaap het, saam met Hom bring. [15] Want dit sê ons vir julle deur die woord van die Here, dat ons wat in die lewe oorbly tot by die wederkoms van die Here, die ontslapenes hoegenaamd nie sal vóór wees nie. [16] Want die Here self sal van die hemel neerdaal met 'n geroep, met die stem van 'n aartsengel en met geklank van die basuin van God; en die wat in Christus gesterf het, sal eerste opstaan. [17] Daarna sal ons wat in die lewe oorbly, saam met hulle in wolke weggevoer word die Here tegemoet in die lug; en so sal ons altyd by die Here wees. [18] Bemoedig mekaar dan met hierdie woorde.


https://bible.com/bible/5/1th.4.13-18.AFR53


HEBREËRS 10:24-25 AFR53

[24] en laat ons op mekaar ag gee om tot liefde en goeie werke aan te spoor; [25] en laat ons ons onderlinge byeenkoms nie versuim soos sommige die gewoonte het nie, maar laat ons mekaar vermaan, en dit des te meer namate julle die dag sien nader kom.


https://bible.com/bible/5/heb.10.24-25.AFR53






Liefde en gebede 

🤗💕🙏

Kopiereg: potlood in Sy Hand

Opmerkings

Gewilde plasings