Die Geloofs Toets. Gratis Kort Verhaal

 



Die Geloofs Toets



Leah klim in die motor. Sy gaan deur al die mosies outomaties: sonskerm af, sitgordel aan, sleutel in. Maar toe sit sy net daar, vasgenael; gevries.

Hoekom, Here? Hoekom nou? Hoekom ek? Ek kan dit net eenvoudig nie doen nie. Dis net te veel. Te veel pyn. Te veel geld. Net. Te. Veel.

Die woorde kom soos 'n storm wind, soos druppels reën wat harder en harder val

Na al die jare van sukkel, van skuld en struikel. Wat sal ek doen? Hoe gaan ek dit deurmaak. Wat gaan Markus sê? Dit sal seker dinge net erger maak. Wat gaan almal sê? Sal hulle my bystaan? O, Here, dis net te veel. Ek kan dit nie doen nie.

Leah vind 'n snesie in haar sak en probeer om die trane te keer. Die stroom woorde het opgedroog. 'n Diep stilte vul hulle plek. Maar die trane; die angs bly.

Uiteindelik kry sy dit reg om stadig uit die pakeer terrein te ry. Op die  rit huis toe, begin die vrae om weer deur haar hele wese te draai. Maar toe gebeur iets wat alles verander. Terwyl die groen bome, velde, en heuwels verbygaan, kom 'n vers op in haar hart. En toe nog een. Soos iemand wie erg dors het, absorbeer Leah God se Woord.

Dis toe dat Leah die eerste klompie wit magrietjies sien. Sy glimlag saggies ten spyte van alles. Dan fluister nog 'n vers saggies in haar hart.

Ja, Here, Markus en die viertjies by die huis gaan seker baie verbaas wees as ons hulle vertel.

Die slagte vladdering in haar moederskoot wat sy vir te lank ontken het, spreek nou van nuwe lewe, vertroue, en geloof.



Kopiereg: potlood in Sy Hand

***

‭PSALMS 127:3-5 AFR53‬
[3] Kyk, seuns is 'n erfdeel van die Here; die vrug van die moederskoot is 'n beloning. [4] Soos pyle in die hand van 'n held, so is die seuns van die jeug. [5] Gelukkig is die man wat sy pylkoker daarmee gevul het! Hulle sal nie beskaamd staan as hulle met die vyande in die poort spreek nie.

https://bible.com/bible/5/psa.127.3-5.AFR53


***

‭MATTHÉÜS 6:25-34 AFR53‬
[25] Daarom sê Ek vir julle: Moenie julle kwel oor jul lewe — wat julle sal eet en wat julle sal drink nie; of oor jul liggaam — wat julle sal aantrek nie. Is die lewe nie meer as die voedsel en die liggaam as die klere nie? [26] Kyk na die voëls van die hemel; hulle saai nie en hulle maai nie en hulle bring nie bymekaar in skure nie, en tog voed julle hemelse Vader hulle. Is julle nie baie meer werd as hulle nie? [27] Wie tog onder julle kan, deur hom te kwel, een el by sy lengte voeg? [28] En wat kwel julle jul oor klere? Let op die lelies van die veld, hoe hulle groei; hulle arbei nie en hulle spin nie; [29] en Ek sê vir julle dat selfs Salomo in al sy heerlikheid nie bekleed was soos een van hulle nie. [30] As God dan die gras van die veld, wat vandag daar is en môre in 'n oond gegooi word, so beklee, hoeveel te meer vir julle, kleingelowiges? [31] Daarom moet julle jul nie kwel en sê: Wat sal ons eet, of wat sal ons drink, of wat sal ons aantrek nie? [32] Want na al hierdie dinge soek die heidene; want julle hemelse Vader weet dat julle al hierdie dinge nodig het. [33] Maar soek eers die koninkryk van God en sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word. [34] Kwel julle dus nie oor môre nie, want môre sal hom oor sy eie dinge kwel. Elke dag het genoeg aan sy eie kwaad.
https://bible.com/bible/5/mat.6.25-34.AFR53


***


‭SPREUKE 3:5-8 AFR53‬
[5] Vertrou op die Here met jou hele hart en steun nie op jou eie insig nie. [6] Ken Hom in al jou weë, dan sal Hý jou paaie gelykmaak. [7] Wees nie wys in jou eie oë nie; vrees die Here, en wyk af van die kwaad; [8] dit sal genesing wees vir jou liggaam en verkwikking vir jou gebeente.
https://bible.com/bible/5/pro.3.5-8.AFR53


***

Mooiste dag. Mag God u seën.

Deel asseblief as jy bemoedig was.

***

Opmerkings

Gewilde plasings