Gedagtes van 'n Geredde

 



Dat ek gered is, is net deur die genade van God. 

Hy het my geroep. 

Ek het uitgeroep na Hom vir hulp en redding, en Hy het geantwoord. 

Die genade en liefde van onse God is onbeskryfbaar!

En God het iemand geroep om na my toe te kom, al was dit in die vorm van een van Corrie ten Boom se boeke.

Ek sê altyd dat ek graag haar hand wil skud waneer ek eendag in die Hemel aankom.

Ek dink nou aan die Moederbelofte, in Genesis, Hoofstuk 3, vers 15. Reeds daar het God die kruis beplan. God Sy dank.

Ja, soos die liedjie sê, "Dat Hy my gered het is wonderbaar."

Liewe Leser, is u ook deur Sy wonderbaar genade gered?




In Sy liefde, 

Alison

🙏❤️

Opmerkings

Gewilde plasings