Gedagtes van 'n Geredde

 

Foto: Venetia Sweatman



Gedagtes van 'n Geredde



As ek na my kinderdae terugdink, is ek baie dankbaar vir die liefde-volle ouers wie ek gehad het. Ek is ook dankbaar vir my enigste suster. Die twee van ons het saam winkel-winkel, huisie-huisie, en, ja, selfs bib lioteek-biblioteek gespeel. 

Ek onthou perd-ry lesse, die braai's by Amanzimtoti, en lang avontuur gevulde ritte, óf per motor óf per trein. Die ouer dat jy word, hoe meer foto's van toeka se dae kom na vorentoe, en ek dink dis seker waar vir ons almal.

Ek onthou, en ek is dankbaar. Maar aan die ander kant, sien ek ook die groot gaping in my kinderdae: die gebrek aan die Evangelie. Sien, as jy 'n Katoliek is, dan hoor jy eenvoudig nie die mees belangrike boodskap wat 'n mens kan hoor.

Maar, op die selfde tyd, dank ek wel die Here dat Hy gesorg het dat ek gered kon wees nadat Hy  die boodskap na my toe gebring het. (Ek sal later meer hieroor skryf.)

My hoof gedagte vandag, is egter hoe belangrik dit is dat ons kinders die Evangelie boodskap hoor; dat ons hulle elke dag van Jesus en Sy liefde; Sy kruisdood vertel. Alle kinders het dit dringend nodig.

Ons kinders hoor soveel verkeerde of verdraaide boodskappe.  Ons moet met hulle oor sonde praat. En ons moet die Verlosser aan hulle bekend maak, sowel as die Verlosser se Boodskap. Ja, die boodskap dat Jesus vir hulle óók gesterf het is broodnodig in hierdie laaste dae.


Met liefde,

Alison

🙏❤️🙏



Opmerkings

Gewilde plasings