Blote Dekor? Gedig en Gedagtes

 



Foto: Elizabeth French. Unsplash


Blote Dekor?



"Vreugde." Ek hang

die woord op

saam met "liefde"

en "vrede"

Op die mure van my huis

daar hang hulle:

reg uit, duidelik

blou op wit.

Eenvoudig.

Vreugde.

Liefde.

Vrede.


Maar in my lewe

is dit meer

gekompliseerd:

Daar verdwyn

die vrede weer

saam met

die kind se 

woede-uitbarsing

en skaam, erken ek

my eie

En liefde?

Ja, ek 

is lief vir my

gerief,

my selfoon,

my sjokolade.

Vreugde is 

seker iewers

langs die 

lang pad van

getroude lewe

velore...


Ek het 

'n vroutjie 

ander dag ontmoet:

sy het maar bitter min:

'n huis vol kinders

en 'n sak vol probleme

Maar haar glimlag is sag

en sy borrel

as sy haar Jesus

met my deel


Ek besef dit nou.


Sý het al drie.


Vreugde

Liefde

Vrede


***



Liewe Leser,

Ja, vreugde, liefde, en vrede is so kosbaar. Ons smag na hulle teenwoordigheid in ons lewens. Maar vir soveel van ons, is hulle net dekor. Ons ervaar hulle nie.

Eerstens, kan ons net ware vreugde, liefde, en vrede ervaar as ons weergebore is: as ons Jesus ken. As Hy ons ken. Sien Johannes hoofstuk 3.

Dis baie hartseer dat selfs Christene 'n gebrek aan hierdie kosbare dinge van tyd tot tyd ervaar.

Ons moet vra, waar kom hulle vandaan?
Ja,  hulle kom van Jesus, van die Heilige Gees se teenwoordigheid en werking in ons lewens. Sien Galaseërs 5: 16 - 26.

Ek is so dankbaar dat ek God kan vertrou om liefde, vreugde, en vrede 'n realiteit in my lewe te maak.









Kopiereg: Alison Lawrence

Dankie dat u gekuier het :)

Opmerkings

Gewilde plasings