Dankbaar. 'n Gedig

 

Foto: Thomas Jarrand. Unsplash


Dankbaar



Dankbaar deur vroeg oggend tyd

met Bybel oop en huis so stil,

en hele dag strek voor my uit


Dankbaar deur die middag hitte

waar ek onder vyboom skuil,

veilig wei saam met Sy kudde


Dankbaar terwyl son onder gaan

voel ek tog Sy rus en vrede,

Hy bly by my en wandel saam


Nog dankbaar deur diep middernag?

As vyand brul en hartseer kom?

Ja, dankbaar in die middernag;

want Hy's die Koning, Hy gee krag


***


Kopiereg: Alison Lawrence




Opmerkings

Gewilde plasings