Ken Jy Die Here? Gedig En Gedagtes. Webjoernaal Nuus.

 

Ken Jy Die Here? Gedig En Gedagtes. Webjoernaal Nuus.


*As jy Jesus het, het jy alles.*


Bokkom Laan. Berg Rivier

Inleiding


Welkom! Dis 'n splinter nuwe jaar: 'n Jaar vol potensiaal vir beide ongeredde en geredde. Gaan ons vorentoe beweeg, of gaan ons agtertoe beweeg? Gaan ons iets waardevol leer, of gaan ons stagneer?

In die foto bo, sien ons die lieflike gesig van ons eie rivier: Die Berg Rivier. Hier, stagneer die water nie, want dit word gevul van bo by die berge en van die see. Dis hoekom daar sout in die water voorkom. Vir my is dit 'n herinnering aan die behoefde vir die Lewende Water wat net deur Jesus beskikbaar is.

Hoe langer ek leef, hoe meer besef ek dat Jesus is al wat ek benodig. Mense, aktiwiteite, dinge, stokperdjiies, omstandighede: Al hierdie dinge kom en gaan. Maar Jesus is altyd daar. Soos die skrif sê, Hy bly altyd dieselfde. Gaan jy vir Jesus vandag en vir altyd kies?

Skrif verwysing: Hebreërs 13:8.


'n Jettie met 'n uitsig. Bokkom Laan



Ken Jy Die Here?



Ken jy die wonderbaar Here?

Is Hy jou enigste hoop?

Is jy deur Sy bloed besprenkel,

met die Heilige Gees gedoop?


Jy kan Sy stem nou hoor

deur Sy kosbare Woord te lees,

wyl jy wandel in die waarheid,

gelei deur die Heilige Gees.


A.S.L



Afrikaans Webjoernaal Sluit Vir Nou


Dankie vir almal van julle se liefde en ondersteuning. Ek het met die Here se leiding besluit om af te skaal. Daar lê mos 'n besige skool jaar voor. As gevolg, sal ek net op my Engelse webjoernaal pos. Die gedigte webjoernaal sal ook eenkant gesit word. Beide sal wel nog bestaan en sal nie afgehaal word nie.

Ek is ook tans besig om 'n roman te skryf, en sal moontlik 'n versameling van Afrikaanse kort stories en gedigte  publiseer in die toekoms.

Weereens, 'n groot dankie vir jou ondersteuning. Hou 'n oog op Pencil in His Hand Writer vir gratis stories en skryf en publikasie nuus.

Liefde,
Alison



Opmerkings

Gewilde plasings