'n Kersfees Kaartjie. Plus 'n Gedig En Nota.

 



Amper Kersfees



En nou dis amper Kersfees,

nog 'n jaar is klaar verby

Ons het 'n paadjie saam gestap,

en 'n vriend het ek gekry 


En nou dis amper Kersfees,

mense skarrel hier en daar

Amper tyd vir lig en bome

nog 'n skool jaar amper klaar


En nou dis amper Kersfees,

die jaar gaan vinnig verby

nou wyl die jaar is op einde,

Is Jesus die Vriend aan jou sy?

 

A.S.L



Baie dankie vir jou ondersteuning. Net 'n notatjie, my  webjoernale sal op verlof wees tot Januarie. 


Baie liefde en gebede,

Alison

:)



***





Opmerkings

Gewilde plasings