Wat Ek Wel Weet. Inspirasie

 



Ek weet nie veel O Here,

my krag is ook maar klein,

maar wat ek wel weet Here,

U is liefde, groot en rein


A.S.L


Daar is soveel dinge in hierdie wêreld wat ek net nie kan verstaan nie.

Ek dink eerstens aan hoërskool wiskunde: algebra en kalkulus, byvoorbeeld. En dan is daar talle ander akademiese leergoed wat ek glad nie kan verstaan nie.  

Ek onthou hoe ek moes sukkel oor die moeilike vlak van die Franse boeke toe ek verder gestudeer het. Op een stresvolle dag, het ek my boeke oor my kamer gegooi: so frustrerend was dit!

En dan moet ek stilstaan by die selfs moeiliker sake: oorlog, moord, geweld, aanranding. Dinge wat ons eie lewens aanraak. Here, ek kan nie verstaan nie. Hoekom Here? Waarom Here? O, Here. My hart pyn vir myself, vir die wêreld. Hoekom Here? Ek verstaan nie.

In die stilte van my hart, praat Jesus met my: van die boosheid, van vrye wil, oor dat die Satan soos 'n brullende leeu rondloop. En in daai stilte, hoor en voel ek nog meer. 

Ek weet nie veel nie, maar ek weet dat God is goed. Ek weet dat God is liefde. Hy is ook regverdig. En ek weet ook dat Jesus al hierdie ellende elke dag dra; dat Hy vir die wêreld; vir ons bid. Dat Hy huil saam met ons. Maar ook dat Hy gaan binnekort terugkom om ons te haal en om alles reg te stel. Hy gaan die bose mense en magte oordeel. En Hy gaan ons elke dag dra soos die Herder wat Hy is. Halleluja.


 Skrifte: 


1 Johannes 4:8b

Handelinge 17:31

Eksodus 34:7b

Jesaja 53:6

Johannes 3:16

Johannes 1:12










Met liefde en gebede

🙏❤️🌼🌼❤️🙏

Ek het ook 'n Engelse webjoernaal met 'n klomp bemoedigende stories en gedigte om te lees. As jy verkies om Afrikaans te lees, daar is vertaaling deur Google beskikbaar op die webjoernaal. Jy kan dit in die sybalk vind.


Skakel

Opmerkings

Gewilde plasings