Stories Van Redding: Tanya

 


"Komaan, Mieke, Zander, ons gaan laat wees. Die bus gaan nou nou kom."

Tanya stap vinnig langs die sypaadjie en bemoedig die tweetjies om hulle te haas. Die bus sal hulle aflaai buite die skool hek. Dan sal Tanya verder ry tot die winkel waar sy werk.

"Mama, kyk na die mooi voëltjie, Mama." Mieke se glimlag is soos sonskyn op 'n winter's dag, maar Tanya sien dit nie raak nie. Haar gedagtes is gerig op die dag wat voorlê by die werk sowel as op Wikus. Sal hy ooit regkom, en wanneer sal hy my lief hê soos 'n vrou behoort geliefd te wees?

"Mama, hier kom die bus." Hulle het net betyds die bushalte gehaal. Zander hardloop voor sy ma en Mieke.

Tanya sink dankbaar op 'n bank heel voor, met 'n kind aan elke sy. Wetend dat hulle tyd saam min gaan wees, gee sy vir hulle 'n drukkie en 'n soentjie. Gaan my kosbare kinders genoeg wees om ons huwelik aan die lewe te hou?


***


Tanya skyf op om langs die venster te sit sodra, die kinders afgeklim het. Iets kreukel onder haar. Dis 'n papiertjie of 'n letter. Iemand het dit waarskynlik op die bus gelos. Sy kyk na die papiertjie uit pure nuuskierigheid. "Hemel of Hel?" Lees sy. Dis vreemd. Die Hemel, dink ek. Ek is nie sleg nie. Tanya lees verder. Vinnig word alles rondom haar vergete. Die traktaaitjie verduidelik dat niemand eintlik goed genoeg is om Hemel toe te gaan nie. Maar hoe dan?


***


Tanya lees klaar en spandeer die res van haar reis werk toe, om oor dit wat sy gelees het te dink. Later, herlees sy die traktaaitjie gedurende haar middagete, en weer op die reis terug huis toe. Sy't nooit sulke iets gelees nie. Dat 'n mens jou sondes moet bely en vir Jesus moet vra om jou te red. Wedergeboorte.


***


"Jy's stil vanaand." Wikus brom gedurende aandete. "Weer kwaad vir my, sekerlik."

Tanya skud haar kop. "Nee, ek bedink iets. Dis al. Kan ek meer kos vir jou skep?" Sy glimlag flou, wetend sat Wikus geensins in die traktaaitjie sal belangstel nie. 

Hy hou haar net dop en knik sy kop. "Ja, asseblief."

Tanya maak haar takies vir die dag klaar. Sy maak die kinders se middagete en rugsakke reg vir skool, en lees hulle elk 'n storie voordat sy die ligte afsit. Eers na Wikus vas aan die slaap is, haal sy weer die traktaaitjie uit. Dan onthou sy die Bybel wat haar ma vir haar gegee het. Sy moet diep grawe in haar kas om dit te vind. Dit lyk amper splinter nuut. Tanya gaan sitkamer toe. Met die traktaaitjie as gids, blaai sy eers na die Boek van Johannes, en dan na Romeine.


Dis oor middernag toe sy uiteindelik in die bed klim. Sy stuur haar nie aan die snork geluide wat Wikus maak nie. Seker uitgeput. Sy raak hom saggies aan die wang, terwyl Jesus' liefde haar hart vul.


***


Vroeg die volgende oggend, verlaat die bus die depot. Net een vrou het opgeklim. Janine is diep in haar vyftigs. 'n Toegewyde Christen, sy  voel nogtans te skaam om met vreemdelinge te praat. Terwyl sy van voor na heel agter in die bus se gang afstap, sit sy traktaaitjies op soveel sitplekke as wat sy kan. En terwyl sy dit doen, bid sy vir elkeen wie hulle sal optel.


***


Johannes 3:16



Storie kopiereg: Alison Lawrence


Met liefde en gebede,

tot volgende keer,

Alison


🩷🩷🩷🙂🙂🙂🙏🙏🙏


Deel asseblief met familie en vriende. :)



Opmerkings

Gewilde plasings