Die Put Van Beproewing En Ellende

 



Hier in die grot van beproewing,

hier in die diepste vallei

waar ek struikel in middernag donker

My Jesus vol liefde naby


A.S.L 
 


Liewe Leser,

Ek weet nie wat jou huidige omstandige is nie, of of jy ooit jouself in 'n donker grot bevind het, maar ek bid dat hierdie kort stukkie jou sal vertroos. Op 'n persoonlike vlak, moet ek erken dat ek self jare terug 
in 'n wrede, aaklige put gegooi is. Dit was soos nag in daai put. Maar Jesus het my gevou in 'n kombers van Sy tere liefde. Hy was só, só naby. En Hy het saam met my gehuil. Ken jy hierdie Jesus, liewe Leser?

En nou moet ons vra, waar is die donker grotte van die Bybel en wie was die bewoners, al was dit net tydelik, van díe grotte.

In Josef se geval, was dit 'n put. Sien Génesis 37: 24. En toe, is hy gegooi in die grot of put van die gevangenis. Sien Génesis 39 en 40.

Kom ons kyk na vers 21 van Hoofstuk 39. "Maar die Here was met Josef, en Hy het goederentierenheid aan hom bewys en hom guns verleen in die oë van die owerste van die gevangenis." (Ou Vertaling.) Hoe kosbaar is hierdie vers nie vir ons almal, want ons was almal in die put gedompel op een of ander stadium.

En dan natuurlik, is daar die voorbeeld van Jona. God was sekerlik daar met hom in die diep, stinkende, donker put van die waalvis se maag.

Jy dink ook seker soos my aan Daniël. Sý put, was seker een van die verskriklikste putte wat 'n mens kan deurgaan. Máár, God....

En Jesus. Hoewel Hy is God, moes Hy deur die belangrikste put van hulle almal gaan om die dood te oorwin. Sodat ons in Sy krag deur die putte van die lewe kan gaan, en daarna vir ewigheid saam met Hom kan woon.

As daar net een les is om weg te neem, dit is dit: Jesus los ons nooit alleen wanneer ons onsself  in 'n put of 'n grot bevind. Laat Hom toe om jou in Sy arms te vou.


***

Deel gerus met iemand wie bemoediging nodig het.

***

Hier is 'n voorbeeld van iemand wie haarself in 'n vreeslike put beland het:





En een vir die kinders:




Met baie liefde en gebede,

Tot volgende keer, (Ek gaan 'n storie DW op Maandag pos.)

Alison

💗💗💗🙏🙏🙏


Opmerkings

Gewilde plasings