Ons Rivier. ('n Gedig.)

 


My gunsteling plek: Die Berg river. :)


Ons Rivier


Alweer is ek by die rivier,

blou-groen onder wolk-loos dak

rimpeltjies dans op die water

en sprankel lag saam die briesie

op 'n perfekte dag uit God se hand


Eenvoudig genoem vir sy begin,

daar in die berge, 'n stroompie smal

wat sy weg vind deur rotse, dal, en plase

al kronkelend word hy wyer, groter

nou reis hy verby op pad na die see


Die ou rivier word 'n besige plek,

vir mense, voëls, en bote

visvangers met vere, nette of pale

almal se rivier is 'n vriendelik, besige plek:

Tog stap God met my by Sy water


A.S.L






 


 

Opmerkings

Gewilde plasings