Die Piekniek. 'n Gratis Kort Verhaal.

 



Talitha kyk rond. Die groot, oop veld met 'n uitkyk oor die see is stampvol mense. Die tien jarige verstaan nie alles wat aangaan nie. Sy het haar ouers gevolg tot hiernatoe; gestap vir 'n lank ent, maar dit was dit werd. Sy kry die gevoel dat sy en haar familie ter midde van iets ontsettend kosbaar en belangrik is. Maar nou, voel sy nog iets: sy is honger. Haar maag begin om te pyn. Talitha let op dat blykbaar niemand kos saamgebring het nie. Selfs nie haar ma, wie normaalweg so pligsvertrou is as dit by kos kom.

Net toe sy begin om te wonder wat hulle gaan doen, sê Jesus dat hulle almal op die gras moet sit. Sy sien hoe Jesus brood en vissies neem en hoe Hy bid. Sy aanskou alles met verwondering: Jesus begin so wáár om die kos te vermeerder!

Toe bring een van die dissipels 'n maandjie na hulle toe. Haar oê rek toe sy van die kos neem.
"Jesus gee rerig om vir ons, nê, Oom?" Sê sy vir die man.
"Ja," hy knik sy kop en glimlag breed, "Hy gee rerig om."

♡♡♡

Opmerkings

Gewilde plasings