Die Aandete. 'n Gratis Kort Verhaal.

 


Toe Ezra uit sy kantoor stap, val die reën al harder. Hy sug, hou sy rugsak bo-oor sy kop, en hardloop na sy motor. Terwyl hy huis toe ry deur die stadig-bewegende verkeer, dink hy oor die nuutste projek. Dis 'n juweel van 'n geleentheid vir die maatskappy, maar die druk om te presteer is groot. Sy denke flits heen en weer soos die motor se ruitveërs, maar hy bring hulle tot bedaring en neem 'n moment om die Here vir wysheid te vra.   

Ezra voel skielik ontsettend moeg toe hy uiteindelik in sy oprit in ry. Dit was 'n lank, lank dag gewees. Weer uit in die reën, voordeur toe. Hy sluit dit oop en trek sy skoene uit. In die kombuis, sit hy die koffiemaker aan die gang en haal eiers uit die yskas. Ja, dit is so goed om weer by die huis te wees.

Terwyl die koffie prut, stap hy slaapkamer toe. Hy maak die deur stilletjies oop en staan net daar en staar, 'n teer glimlaggie op sy gesig. Soos 'n droom, 'n belofte, en 'n seëning, lê die twee mees kosbare mense in sy wêreld op die bed. Laurika lê op haar sy, met 'n beskermende arm rondom hul pasgebore babatjie, Ané.

Terug in die kombuis, stoot Ezra sy moegheid eenkant toe, en vul Laurika se omelet vol liefde. En kaas.


***


🙂❤️❤️❤️🙂


  

Opmerkings

Gewilde plasings