Hart's Joernaal. Blye Hoop

 







Hart's Joernaal. Blye Hoop


Liewe Jesus, 


Vandag is ek herinner aan die Wegraping toe ek weer 1 Thessalonika, hoofstuk 4 lees. Verse 16 en 17 het my so opgewonde laat voel:

"Want die Here self sal van die hemel neerdaal met 'n geroep, met die stem van 'n aartsengel en met geklank van die basuin van God; en die wat in Christus gesterf het, sal eerste opstaan. Daarna sal ons wat in die lewe oorbly, saam met hulle in wolke weggevoer word die Here tegemoet in die lug; en so sal ons altyd by die Here wees. Bemoedig mekaar dan met hierdie woorde."

Ek moet bely liewe Here, ek het versuim om daaraan te dink, en ek het glad nie iemand bemoedig met hierdie opbeurende Skrif. O Here, help my asseblief om getrou te wees, en om nooit te vergeet van U Wederkoms nie.

Wat 'n wonderlike belofte en vooruitsig is dit nie! Ek kan nie wag om by U vir ewig in die hemel te wees nie. En ek verlang daarna om die wat vooruitgegaan het weer te sien.

Maar, die mooiste van alles, sal U wees, liewe Jesus. Om te dink dat ek U gesig sal sien.

Baie, baie dankie

In U kosbare Naam bid ek,

Amen



Weggevoer



Ek het opgestaan vanoggend

met 'n liedjie in my hart,

nie wetend dis my laaste dag

en tyd om weg te vaar


Ek het skottelgoed gewas

toe klank 'n luid basuin,

dan breek die kaos uit:

God's kinders het verdwyn


Nou reis ek deur die wolke

broers en susters rondom my,

ons juig, en lag, en sing

saam met Jesus gaan ons bly


Daar wag ons liewe Heer

Hy ontmoet ons in die lug,

omhels ons met Sy liefde

weg met trane, pyn, en sug.


p.i.H.H   


🤗🤗🤗💖💖💖


Hierdie gedig mag sonder toestemming gebruik word.

 Gee net krediet.


😊😊😊🙏🙏🙏


Foto krediet: Tom Barrett. Unsplash

Opmerkings

Gewilde plasings