Verlange

 


Verlange



Ek verlang vandag na die ou dae,

toe die pas veel stadiger was

toe ons tyd vir mekaar gehad het,

en besoek was nie 'n las


Ek verlang vandag na die ou dae,

hoe ons het gesit en gesels

daar was geen foon in ons hande,

en ons het mekaar omhels


Ek verlang vandag na die ou dae,

toe op Sondag was daar geen klag

dat ons in die motor moes klim,

vir kerk, en die Bybel se wysheid en prag


Ek verlang vandag na die ou dae,

nie die dinge wat boos was en sleg

maar die stadiger pas en die eenvoud,

wat vir ewig en altyd is weg


Ek verlang vandag na die ou dae,

en my Jesus Hy praat met my,

Hy sê, Ek is God vir ewig,

en vir altyd bly Ek aan jou sy



Met baie liefde🩷🙏🤗


(Hierdie gedig mag gebruik word sonder toestemming. Gee net krediet.)


Foto krediet: abe-b-ryokan. Unsplash.


Opmerkings

Gewilde plasings