Stories Van Redding: 'n Walliese Herlewing. Gratis Inspirerende Kort Storie

 


'n Walliese Herlewing


Nia gryp haar hoed en haar nota boekie en pen. "Maak seker dat jy die besonderhede kry: die name van die liedere, enige sprekers, en die hoeveelheid van bekerings. En doen moeite om met Mnr Roberts te praat." Nia was altyd 'n bietjie bang vir Mnr Morgan, die koerant se redakteur, maar sy het gemerk dat hy oor die afgelope tyd versag het. En dit het te doen met die groot herlewing. Nie lank na die Walliese herlewing begin het, het haar baas 'n paar verrassende veranderings gemaak: elke week moet 'n artikel oor die nuutste herlewing nuus verskyn, en die agterblad moes ook plek maak vir geestelike inhoud. So iets het nooit tevore gebeur nie. Ek gaan alles met my eie oë sien, dink Nia. Iets meer as haar baas se opdrag trek haar na die vergardering.


***


Sy stap vinning deur die mot-reëntjie, verby grys steen huisies en winkels tot by die kapel. Ander mense loop ook soontoe:  hulle gesigte lyk ernstig en vasberade; amper asof hulle 'n dringende afspraak het. Voordat sy die deur bereik, hoor sy dit: die klank van engel-musiek. Dit voel asof die hemelse klank die hele dorp deurtrek. 


***


Nia vind 'n sitplek heel agter in die gebou. Die plek is stampvol. Sy kry haar nota boekie en pen gereed. Sy is mos hier om te werk. Haar pen beweeg vinnig: minstens een honderd mense, mans, vrouens, 'n klomp jong mense, veral jong mans. Hulle sing Calon Lân. Ongelooflik mooi. Vir 'n lang tyd, skryf sy net die name van die pragtige liedere neer, en voel hoe haar hart warm word terwyl sy luister. Brood Van Die Hemel, Hyfrydol, Bro Aber, Gwahoddiad, Arwelfa...mense bid, somige van hulle smeek vir die siele van ander, daar is trane en geween. Mense roep uit tot God vir vergifnis en genade...


***


Sy herken Mnr Roberts van die foto wat onlangs in die koerant geplaas is. Hy preek nie, maar hy bid wel. Nia sien hoe hy deur die kapel beweeg, hoe hy met mense praat voordat hy vir hulle bid. Dit blyk dat die Gees van God in beheer van die vergardering is... alles is ordelik, geen kaos nie, so ver, sowat twintig mense het 'n besuit gemaak om hulle lewens vir Jesus te gee...  'n traan val op die woorde, dan nog een, totdat Nia nie verder kan skryf nie. Sy buig haar kop, terwyl die swaar las van haar sonde haar oorweldig. "Wees genadig met my 'n sondaar," kreun sy hardop, "wees asseblief genadig teenoor my." Sy voel hoe iemand 'n hand saggies op haar skouer plaas.

"Sy genade is ook vir jou mejeffrou. Sal jy nie kom? Jesus wag vir jou."


***


Die volgende dag, skryf Nia haar verslag. Nee, sy het nie 'n onderhoud met Mnr Roberts gekry nie, maar wat sy wel gekry het, is soveel meer kosbaar. Sy kan nie die pragtige lied wat oor haar lippe vloei keer nie: Hier is die liefde, so groot soos die oseaan...


***


🩷🙏🤗Baie dankie dat u kom kuier het, en die storie gelees het. 

Herlewing begin by u en by my: met 'n diep verlange na God en 'n ernstige berou oor sonde. Dit begin met aanhoudende gebed.

U is welkom om my te kontak as u enige vrae het. Begin gerus by die Boek van Johannes in die Nuwe Testament as u meer wil leer oor Jesus en wat die Bybel leer oor wedergeboorte.

Liefde en gebede,

Alison🤗💜😊💗🙏

Die lirieke kom van die liefde's lied van die Walliese herlewing van 1904, genoemd, "Here is Love, Vast as the Ocean." Skakel (Geseënd)


Foto Krediet: Jose Llamas. Unsplash

Opmerkings

Gewilde plasings